STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25057
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
’n Klein viering, groot harte en liefde. Ingestel op “what will be, will be”. Lewenslot. Drama-vry. Miskien ’n tikkie, niks meer nie.
Groentjies… trou-drama is real. ’n Troue reël? Dis beslis ’n performance. ’n Boudoir waar kwesbaarheid en krag ontmoet. Streng gereserveer. ’n Stoute fluistering, net genoeg vir misterie.
Ná vyf winkels vra my ma: “Kan Hein een kies?” ’n Bruidegom, heel onwetend tussen honderde rokke, kies my sprokiestrourok. Girls, miracles do happen. Ek het geweet hy’s ’n keeper.
Bewys dat mans kan raakvat. Dalk, net dalk, moet ons hulle ’n bietjie meer vertrou. Soms soek jy lank na iets net om te besef dit het jou al die hele tyd geken.
Voor die troue herskryf ons tradisie. Liefde kies anders. Tyd saam met sy en my ouers. Paaie wat saamvloei. Familie wat verweef raak. Later elk ’n bietjie alleen-tyd.
Die oggendtroue sluip nader. Yskoue winde. Dreigende wolke. Onvoorspelbare getye. ’n Bruidsruiker 115 km ver. Ons hoop, glo en vertrou.
Nog voor “ek doen” was daar storms. Net betyds reënboog-oomblikke bo ons, rondom ons, in ons planne. Verdwynende seine. ’n Mode-late bruid. Gespanne senuwees. Tog leer ons liefde groei deur storms voordat dit in sonskyn blom.
Tsitsikamma vind ons. Wildgroen. Rou. Vry. Die natuur getuig saam. ’n Perfek helder oggend. God se teenwoordigheid tasbaar. Seewater wat sag oor ons voete spoel.
Onbeplan kies die dominee Prediker 4:12. Reeds op ons ringboksies gegraveer. ’n Oomblik van sekerheid. God se hand in elke detail. Elke tree tot hier.
Saam met vyf genooide gaste. Internasionale inkykers wat inskakel. Vyftig stemme wat saam jubel toe ons “JA” sê. Kiekies en oomblikke wat vasgevang is. Ons dag wat oor landsgrense voortleef.
Ja, selfs ná soveel avonture het wedding bashers hul kleurvolle verskyning gemaak. Want wat is ’n goeie troue sonder ’n paar verrassings?
En êrens tussen alles ’n klein geheime skeurtjie in sy nuwe broek. Lag-lag begin ons ons huwelikspad met ’n broek-skeur storie.
Vandag weet ek die mooiste troues word nie beplan nie. Hulle word beleef.
Ons Troue van die Jaar. Nie foutloos nie. Net óns.





Diensverskaffers:
- Blomme: Groen
- Bruidegom-pak: Take-a-Lot
- Dekor: Tarika Events
- Fotograaf: Rieg & Eidie RRAD Photografie
- Gaste Geskenke: Personaliserings-ontwerpe “keepsake” piekniekmandjie gevul met lekker nye
- Grimering: Leandri van Dyk
- Hare: Samuel Beck & Silnè Botha
- Huweliksbevestiger: Ds Ronè Vosloo
- Juweliersware: Charis Jewelry SA & Temu
- Trouring: American Swiss Jewelry
- Troukoek: Cakes of Joy
- Koördineerder: Natasja Smith & Phuti Namethe
- Musiek: Die see het die ritme gehou, die wind het gesing — en die voëltjies het die harmonie gebring.
- Platejoggie: DJ Aarde se Hartklop – Moeder Natuur
- Skoene: Julz Shoes & Kalahari Velskoene
- Skryfbehoeftes: Temu
- Tente: Misty Mountain Reserve – The Dome
- Trourok: Bridal Emporium in Bloemfontein
- Venue: Tsitsikamma National Park
- Paartjie se verblyf: Misty Mountain Reserve & Storms River Guest Lodge
- Vermaak: Vyf genooide harte & ’n paar vrolike wedding bashers
- Vervoer: It’s not a bakkie – It’s a Hilux
- Videograaf: Rieg & Eidie RRAD Videografie
- Huwelik kontrak: Oosthuizen Sweetnam Reitz & Fourie Attorneys
- Wittebrood plek: Geen tasse gepak, het tuis gebly… en liefde was die reis.


