Helger & Catelen Pretorius

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25027


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      21 Maart 2024 sal vir ewig vir my ʼn spesiale datum wees. ʼn Doodgewone vakansiedag wat ons rustige saam spandeer het. Na ʼn verhouding van ongeveer 1 jaar het Helger op hierdie dag die spesiale vraag gevra, ek kon natuurlik nie wag om ja te sê nie. Ons ware liefdesverhaal het begin met hierdie epiese hoofstuk.

      Vir die volgende 11 maande het ons beplan vir ons troue op 8 Februarie 2025.

      Eerste op ons prioriteitslys was die venue. Ons het albei ons harte verloor op Oranje Gasteplaas in die hartjie van die Oos-Vrystaat tussen die berge en asemrowende natuurskoon.

      Elsa Corbett, Troubeplanner van Oranje, Ekself en my Ma het dadelik aan die werk gespring met die beplanning.

      Met Neutrale kleure, onbeskryflike mooi blomme in wit, beige, room & bruin het ons ʼn romantiese Franse styl geskep. Kristal en Kerse het verder bygedra tot die romantiese en rustige atmosfeer.

      Helger se troupak is ʼn AG Boss.

      My perfek gemaakte trourok deur Casper Bosman het al my verwagtinge oortref. Die spierwit rok was gekenmerk deur ingewikkelde, gedrapeerde detail met ʼn “sweetheart” halslyn en wye romp gedeelte. ʼn Baie prominente “meringue” enkelmou was treffend met ʼn kaal skouer aan die anderkant. Die ontelbare ure se hand-kralewerk op die korset is ten volle sigbaar gewees in my asemrowende tweede rok. Agter elke skepping deur Casper Bosman is ʼn magiese reis gedefinieer deur verbeelding en vakmanskap. ʼn Oomblik van egte elegansie het vir my waar geword toe elke detail saamgekom het in perfekte harmonie, uitgebeeld in my droomrok.

      Ons ongekompliseerde verhouding met mekaar, om mekaar eerste te stel en God as hoof van ons huis te hê is vir ons baie spesiaal in ons huwelik.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Oranje Gasteplaas, Elsa Corbett
      • Bruidegom-pak: AG Boss
      • Dekor: Oranje Gasteplaas, Elsa Corbett
      • Fotograaf: MM Photography Light
      • Gaste Geskenke: Self Handegemaak
      • Grimering: Studio Luxe Collective (Lane Pannell)
      • Hare: Studio Luxe Collective (Lane Pannell)
      • Huurdienste: All in One party hire & Luxury Limosines
      • Huweliksbevestiger: Ds Richi Kemp
      • Juweliersware: Hardwick & Mazzoni (@david.the.jeweller)
      • Trouring: Hardwick & Mazzoni (@david.the.jeweller)
      • Troukoek: Hester Dietrichsen
      • Koördineerder: Elsa Corbett
      • Musiek: Margaret Whitfield (@magpie_dj)
      • Platejoggie: Margaret Whitfield (@magpie_dj)
      • Skoene: Aldo South Africa
      • Skryfbehoeftes: Perspective digital marketing Boutique & Citrus Designs
      • Strooimeisie-rokke: Megan Openshaw
      • Trourok: Casper Bosman
      • Venue: Oranje Gasteplaas
      • Paartjie se verblyf: Oranje Gasteplaas & Ill Castello Boutique Hotel
      • Vervoer: Luxury Limosines
      • Videograaf: MM Photography Light
      • Huwelik kontrak: CAN attorneys
      • Wittebrood plek: Mauritius (Shandrani Beachchomber Resort)