STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25012
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Hendry – Limpopo & Anneke – Vrystaat. Die uithoeke wat die liefdes 3 hoek van ONS in Gauteng voltooi.
Met Jesus wat die roete vir ons beplan het voordat ons van Sy weë bewus geraak het.
Hendry vra Anneke toe, nee wag soos die lewe dit wil hê, het ONS dié bevestiging nodig. Dis die dag voor Hendry vir Anneke wil vra en soos gewoontlik is die duiwel lustig.
Hendry vra die Here op die stoep van ʼn onbeplande Gastehuisbespreking vir ʼn teken dat hy en Anneke ʼn “ons” mag word. Jinne nog nooit het Hendry so na ʼn boom gekyk en gesien dat die liefde van die Here in bome groei nie. Wow!!
Hy wys vir Hendry ʼn “hart” in die prentjie van ʼn boom. Die een helfte van die boom se takke vorm ʼn perfekte hart en dit is wat die wêreld wil sien, dat liefde volmaak is.
Die onvolmaakte gedeelte van die hart is waar die takke saamgevleg kruis. Dit is waar ons mekaar sal vind om saam “ons” lewensreis van volmaakte liefde te begin.
Hendry vra toe vir Anneke om saam met hom soos ʼn lugballon wat net op en af kan beweeg, die op en die af van die lewe saam deur te reis, met God as Wind wat hulle stuur en hulle rigting bepaal. Dat hulle mekaar altyd sal help, hulle vuurtjie/vlammetjie altyd sal brand – sodat hulle mekaar in die lug sal hou. Tot die dood hul eendag skei!
Daarmee saam die groot beplanning:
Een aand gedurende Op my Eish kry hulle, hulle venue. Nie lank nie daag hulle by Uitzight Private Game Reserve op met ʼn idee en ʼn plan vir hulle troue in die grot.
Met ontvangs het Anneke vinnig gevra of hulle die glas kapel kan gebruik vir die onthaal. ʼn Eerste en toe die vraag: “Waar sal die seremonie dan wees?”. Vinnig is daar na die grot gegaan en dis finaal. Nog ʼn eerste. Vinnig is ʼn “deck” gebou. ʼn Sprokiesdag sowaar – ʼn perdekoets as troukar die einste wat in Anneke se familie gebruik was in 2002, die seremonie in die grot met egte grottekeninge, die kerse en viole se akustika sowel as die berge en natuur se uitsig in die glasonthaal. Alles was vir ONS perfek!
Diensverskaffers:
- Blomme: Clarens Wedding Cakes, Flowers & Catering
- Bruidegom-pak: Erika’s Boutique
- Dekor: Clarens Wedding Cakes, Flowers & Catering
- Fotograaf: B-Fotografie & Maple Oak Photography
- Gaste Geskenke: Bonmadry
- Grimering: STR Make Up Artistry
- Hare: Hair by Rina
- Huurdienste: Clarens Wedding Cakes, Flowers & Catering – dekor
- Huweliksbevestiger: Blyeboodskap Bedieninge
- Juweliersware: Karlien Designs
- Trouring: Karlien Designs
- Troukoek: Clarens Wedding Cakes, Flowers & Catering
- Koördineerder: Uitzight Game Lodge
- Musiek: Bassline Sound
- Platejoggie: Bassline Sound
- Skoene: Fynbos, Brown Bag Shoes
- Skryfbehoeftes: Sjenel
- Strooimeisie-rokke: Erika’s Boutique
- Tente: NVT
- Trourok: Erika’s Boutique
- Venue: Uitzight Game Lodge
- Paartjie se verblyf: Uitzight Game Lodge
- Vermaak: Pro Strings
- Vervoer: Gerda Joubert – Perdekoets Ficksburg
- Videograaf: Andre Schoeman Cinematic Wedding Films
- Huwelik kontrak: Verryn Matlhare
- Wittebrood plek: Tuinroete in die Wes-Kaap

