STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25153
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Na vyf jaar van kosbare herinneringe, het Hennie op 30 November 2024 die groot vraag in die hart van die Wildtuin gevra. Ons het met groot verwagting uitgesien na ons troujaar, maar die lewe het in Januarie 2025 ʼn onverwagse draai geloop toe Hennie met kanker gediagnoseer is. Te midde van die onsekerheid was Hennie vasberade: ons troudatum bly staan.
Die Here was elke tree van hierdie uitdagende pad saam met ons. Terwyl ek tussen bekommernis en hoop deur probeer het om die troue te reël, het Hennie sy chemo-behandeling aan die einde van April voltooi. Dit was asof ons uiteindelik weer kon asemhaal en volstoom kon begin beplan. Vandag is Hennie in remisie, en ons dank die Here elke dag vir hierdie wonderwerk!
Ons het ons droomvenue gevind by Maroelani. Dit was die heel eerste en enigste venue wat ons besoek het; die oomblik toe ons die ongerepte bosveld en die unieke karakter van die plek sien, het ons net daar geweet: dít is ons plek.
Omdat Hennie daarvan hou om dinge ‘anders’ te doen, het die eienaar van die venue voorgestel dat ons die tradisionele stoele verruil vir “gameviewers”. Ons gaste is met die voertuie na die seremonie vervoer en het langs mekaar geparkeer met ʼn uitsig oor die dam en Hoedspruit se asemrowende berge as agtergrond. Dit was presies hoe ons dit voorsien het—buite die gewoon en onvergeetlik.
My liefde vir kleur het in die vaal bosveld gestraal met ʼn kleurskema van pienk en oranje. Die blomme—ʼn kombinasie van rose, tulpe, leeubekkies, angeliere en ranonkels—was ʼn ware fees vir die oog. My droomrok, wat ek nêrens in ʼn winkel kon vind nie, is deur Lynmarie in ʼn werklikheid omskep. Sy het my wildste drome oortref en die prentjie in my kop vervolmaak.
Ballentyne Weddings het elke kosbare oomblik so meesterlik vasgevang. Deur hul lens kan ons nou hierdie herinneringe vir altyd koester met die mooiste foto’s en video van ons sprokiesdag. Ons troudag was perfek, juis omdat dit ʼn viering van die lewe en oorwinning was.
Diensverskaffers:
- Blomme: Flower Market – Thelna
- Bruidegom-pak: Woolworths
- Dekor: My Table Studio & die venue se dekor
- Fotograaf: Ballentyne Weddings
- Gaste Geskenke: Sketse deur @drawn_to_happiness_illustrations
- Grimering: Mays Beauty
- Hare: Studio Odette
- Huurdienste: My Table Studio – Stoele, servette en kersblakers
- Huweliksbevestiger: Dr. Jan Truter
- Oorbelle: Hellohaai
- Trouring: @anaia_collective
- Platejoggie: Anton Botha
- Skoene: Shein
- Skryfbehoeftes: S&J Labels: @s.j_labels
- Strooimeisie-rokke: Pretpakkie: @pretpakkie_clothing
- Trourok: Lynmarie: @lynmariegriffioencouture
- Venue: Maroelani Nature Reserve: @maroelani_reserve
- Paartjie se verblyf: Maroelani Nature Reserve
- Vervoer: Gameviewers in die omgewing
- Videograaf: Ballentyne Weddings: @ballantyne_weddings
- Wittebrood plek: Mediterranean Cruise

