STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25036
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Vir elke bruid is haar troudag die beste en die mooiste. En met die troue, in die hart van die Vrystaat was dit geensins anders nie.
Die Slabbert sprokie was dit regtig, ʼn sprokie.
Die eerste keer toe ek met Ulrich van Bowtie gaan gesels het het ek geweet hy gaan elke droom van my waar maak. Hy het sonder oordeel nie een van my idee’s probeer afskiet nie en het my letterlik vryheid gegee om te speel met kleur. Van die blommemeisies in hulle helder rokkies tot skoene en blomme wat elke strooimeisie op hulle eie manier laat uitstaan.
Ons troue was perfek, ʼn kombinasie van my en my bruidegom. Kleurvol, fyn, stylvol en iets anders.
Alles van die troue was soos iets uit ʼn tydskrif.
Die kerk se uitsig is asemrowend en toe ek uiteindelik die kerk binne stap was daar geen droë oog nie.
My rok was iets bo natuurlik. Regtig ʼn asemrowende skepping deur Elize-Marie van EL Heathcote wat my, die bruidegom en elke gas na hulle asems laat snak het.
Die sagte stone kleur het die blomme nog meer laat uitstaan. Die soettafel was elke soettand se droom en het gekreun van al die lekkerte en room.
Ek het sommer weer van vooraf verlief geraak op my bruidegom met sy sjarmante swart pak. En die strooijonkers het self spoggerig gelyk.
Op die maat van Demi-Lee Moore en Riaan Benade se Hemel en hel het ons die dansbaan geopen en die diepte van ons harte met ons gaste gedeel.
Die troukoek het nie net mooi gelyk nie maar ook heerlik geproe.
Michelle en haar Zuikerkop span se hande staan vir niks verkeerd nie en ons kon aan geen beter venue dink om ons huwelik te begin nie.
Ons het die aand op ʼn hoogtepunt afgesluit en Zelda en Wouter van Escada Photography het die dag met ʼn perfekte night shoot afgesluit, natuurlik, met die perfekte soen foto.
Fluit – Fluit die Slabbert sprokie is vir nou eers uit.
Diensverskaffers:
- Blomme: Bowtie Evolution
- Bruidegom-pak: Woolworths
- Dekor: Bowtie Evolution
- Fotograaf: Escada Photography
- Gaste Geskenke: Pekanneut tertjies
- Grimering: Monafique Beauty Salon
- Hare: Hilette Botha
- Huweliksbevestiger: DS. Danie Kleynhans
- Juweliersware: Jewel Craft en EL Heathcote
- Trouring: Jewel Craft
- Troukoek: Elize-Marie Botha
- Koördineerder: Christine de Wet (self)
- Musiek: Dans liedjie – Hemel en Hel Demi-Lee Moore en Riaan Benade
- Platejoggie: Merwie Bonthuys
- Skoene: Edgars -Bruid en strooimeisies. Woolworths Bruidegom
- Skryfbehoeftes: Something Gold en Sticky Creations
- Strooimeisie-rokke: Angel’s boutique
- Trourok: EL Heathcote
- Venue: Zuikerkop County game lodge, Clocolan Free State
- Paartjie se verblyf: Zuikerkop
- Vermaak: 360 Photobooth, Memories in Motion
- Videograaf: Escada Videography
- Huwelik kontrak: Symington de Kock
- Wittebrood plek: Balito, KZN

