STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25157
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons troue was waarlik ‘n spesiale ervaring wat ons uniekheid en liefde as ‘n paartjie ten toon gestel het. Ons het in die hartjie van winter in die Stad van Rose ons beloftes aan mekaar afgelê by NG Gemeente Noordhoek, die einste kerk waar die bruid se ouers vyf-en-twintig jaar tevore ook die register geteken het. Vir die paartjie wat beide in die kunste betrokke is, was klassieke estetika en tradisie met gemak baie belangrik. Die troue was ‘n geleentheid waar familie en vriende saamgespan het om die dekor en gepaste atmosfeer te skep. Die blomme is deur ‘tannie Annetjie’ gerangskik. Haar blomme het nog altyd gepruik voor in die kerk en was beeldskoon gekroon met ons nasionale blom. Die skakerings van rooi, sagte pienk en vlootblou is verder vir die onthaal bymekaar gesit deur die bruid se ma, twee sussies en ‘n geliefde familie vriendin.
Daar was eers ‘n paar weergawes van die ‘droom trourok’ voordat die bruid op die snit by Bridal Emporium afgekom het. Ingevoer van Australië, met ‘n heuning-kleurige ondertoon, het die fyn gedetailleerde A-lyn sleë haar hart gesteel. Die sluier is sentimenteel en geleen van haar tannie af by wie se troue sy ‘n blomme meisie was. Afgerond met die ‘ietsie-blou’ was haar verloofring en haar vier strooi meisies wat gespog het in blou fluweel. Die bruidegom het ‘n tradisionele aandpak gedra met satyn detail. Die das was sy keuse van blou ‘paisley’ en sy hare in lang krullerige lokke gedra.
Die diens was afgesluit met ‘n opvoering deur ‘n paar musikante in die familie, Engela en Pieter Genis. Die pa-en dogter duo het hul akoestiese weergawe van How Long Will I Love You opgevoer wat ‘n paar hartsnare geroer het. Na die diens het die gaste gearriveer by Ramblers Club Venue waar ‘n klassieke buffet vol warm disse vir hulle gewag het. Die wortel-troukoek, tuisgebak deur Anita Deysel, was vanuit die boonste rakke en versier met die woorde “ ‘til death ”. Creative Kilowatt het die mense op hul voete gehou en die aand gepas afgesluit.
Diensverskaffers:
- Blomme: Waldorf Flowers & Blush Flowers
- Bruidegom-pak: Khaliques
- Dekor: Better Together Events
- Fotograaf: Maryke Venter Photography
- Gaste Geskenke: Copymaster Pretoria
- Grimering: Die Smuktas Grimering
- Hare: MRG Hair Design and Beauty
- Huurdienste: Ramblers Club Venue
- Huweliksbevestiger: ds. Ferdie Retief
- Juweliersware: Eternity Goldsmiths, Renaissance Handcrafted Jewelry, Jewel Craft
- Trouring: Jewel Craft en ‘n erfstuk
- Troukoek: Simple and Sweet
- Koördineerder: Anliri Brown (Muse Events)
- Musiek: Creative Kilowatt
- Platejoggie: Creative Kilowatt
- Skoene: Carducci & Hot Chocolate Design
- Skryfbehoeftes: WetInk
- Strooimeisie-rokke: Sissy Boy
- Trourok: Bridal Emporium
- Venue: Ramblers Club Venue
- Paartjie se verblyf: Hobbit Boutique Hotel
- Vermaak: Pieter en Engela Genis
- Vervoer: Privaat Gehuur
- Videograaf: Privaat Gehuur
- Huwelik kontrak: Rossouws Attorneys/Prokureurs
- Wittebrood plek: Knysna

