STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25001
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Elke liefdesverhaal het twee weergawes – syne en hare. Maar al verskil ons herinneringe soms oor hoe dit alles begin het, stem ons oor een ding saam: dit was bestem.
In 2017 het ’n o/18 rugbywedstryd onverwags die begin van ons storie geword. Jaco en Johanli se broer, JP, het saam gespeel, en Johanli was daar om te ondersteun. Wat niemand daardie dag geweet het nie, was dat Jaco se pa, Louis, stilweg ’n rol as “matchmaker” sou speel. Hy het vir Johanli geld gestuur en aangebied om haar te betaal om vir Jaco te wag.
Volgens Johanli – sonder enige intensies. Volgens Jaco – met alle intensies.
Daardie dag het Jaco sy kans raakgesien… en besluit om dit te vat.
Wat begin het as ’n eenvoudige gesprek, het oor maande ontwikkel in ’n hegte vriendskap. Johanli, wat glad nie belang gestel het in ’n verhouding nie, het stadig maar seker vir Jaco se sjarme geval. En na ’n naweek saam het alles verander — die koel deur die kerk was toe.
Van daardie dag af was ons onafskeidbaar.
Ons verhouding is nie perfek nie, maar dit is eg. Ons vul mekaar aan, ons vryf mekaar soms verkeerd op, maar juis daarin lê die mooi. Ons kies mekaar elke dag – in die goeie én die uitdagende oomblikke.
Ons liefdesverhaal is nie sprokiesagtig nie… dit is beter. Dit is werklik. En dit is ons s’n.
Diensverskaffers:
- Blomme: Flowers By B
- Bruidegom-Pak: Romans – Canal Walk
- Dekor: Flowers By B
- Fotograaf: Sune Photography
- Grimering: Straal – Sunél Laubscher
- Hare: Maridene Mostert
- Huweliksbevestiger: Rudi Janse van Vuuren
- Juweliersware: Lovisa
- Trouring: The Carbon Effect
- Troukoek: Die Koekblik
- Koördineerder: Telma Pronto
- Platejoggie: DJ Lohan
- Skoene: Shein
- Skryfbehoeftes: Sweet Blossom Designs
- Strooimeisie-Rokke: Shein
- Trourok: Isabel Smal
- Venue: Belle Vallee Vineyard
- Videograaf: Beylefeld Creative
- Wittebrood Plek: Aquila Private Game Reserve

