Jacques & Lydia Vollgraaff

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25087


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Heilig, beskryf ons dag. God het my die ongelooflike kans op tweede liefde gegee.

      Ons het ons heilige dag gedeel met ons kinders en kleinkinders. My twee seuns was aan my sy, my skoon dogters deel van ons gevolg en ons 2 stelletjies tweelinge was ons blomme meisies en hofknapie.

      Vandat Jacques my op my verjaarsdag gevra het om te trou, nogal my ring in ‘n strykyster boks, was al die beplanning so geseënd. Alles het net in plek geval, dit was asof Engele vooruitgegaan het en alles reeds vir ons beplan het.

      Ons het ons onthaal by Fossil Hills gehad. Wat ‘n sprokie. Die mooi daarvan is dat ons een seun graag daar wou getrou het maar daar was nie ‘n datum vir hulle nie. So ons het met ons huwelik hulle droom uitgeleef. Ons kon nie ‘n beter “venue” vir ‘n naweek troue gekies het saam met al ons hartsmense nie. Die tuin, die mense, die saal, die verblyf, die plaas atmosfeer, alles omtrent Fossil Hills was net prefek.

      Ek het soos ‘n prinses in my rok gevoel, lank gesoek tot ek net eenvoudig geweet het, sy is perfek. Sewe lae pragtige verskillende tipes materiaal en spier wit. Jacques wou ook graag he ek moes tradisioneel gaan. Jacques-hulle het ongelooflik mooi gelyk. Hulle khaki pakke het mooi saam met die pragtige natuurskoon van die plaas gevloei.

      Ons het ons dekor saam met ons dierbare vriende gedoen wat soveel lag, vreugde en oneindige herinneringe agtergelaat het. Die saal was prentjie mooi. Deel van ons geskenkies was die rooi Kalahari sand en klippies in botteltjies, met ‘n woestyn roos.

      Een van die groot oomblikke was toe ons aangery kom op ons een seun se Vaaljapie Trekker wat hy opgebou het. Die bak van die wa was mooi opgemaak en ons het op bale gesit. Soveel gelag, dit was net perfek. Ons gaste het dit omtrent geniet en kon nie glo ons bruidskar is ‘n trekker nie.

      Alles omtrent ons dag was so spesiaal. Na 14 jaar saam het God ons huwelik heilig gemaak. Ek kan elke dag God net dank dat Hy ons vir mekaar gegee het.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Vici Event Design
      • Bruidegom-pak: Bride & Co
      • Dekor: Vriende
      • Fotograaf: Mia & Hannes Dijkstra
      • Gaste Geskenke: Glas botteltjies met Kalahari sand, klippies en ‘n woestyn roos
      • Grimering: Leandra Jv Rensburg
      • Hare: Leandra Jv Rensburg
      • Huurdienste: Fossil Hills
      • Huweliksbevestiger: Pastoor Alex
      • Juweliersware: Pandora
      • Trouring: Van Dijk, Tygervallei
      • Troukoek: Cakes by Annelize
      • Koördineerder: Nadia van Fossil Hills
      • Musiek: Daniel Burger
      • Platejoggie: Daniel Burger
      • Skoene: Shein en Vellies
      • Strooimeisie-rokke: Shein
      • Trourok: Belle Donna
      • Venue: Fossil Hills
      • Paartjie se verblyf: Fossil Hills
      • Vermaak: Lawn Games
      • Vervoer: Trekker en wa
      • Huwelik kontrak: Johan Kriel
      • Wittebrood plek: Bergzicht Cottages, Tulbagh