STORIE:
VellieFourie: Liefde op God se tyd. Daar word altyd gesê: “Jy gaan nooit iemand op ’n dating app kry nie.” Maar ons storie bewys die teenoorgestelde! In 2023 het Jandré my ’n boodskap op Instagram gestuur – en soos Refentse sing: ek het hom net geblue tick! Maar God se tydsberekening is altyd perfek. In Desember 2023 het ek hom weer raakgesien op die Afrikaanse dating app, Koer. Hierdie keer het ek geantwoord… en toe gebeur daar iets besonders. Ons het ure lank gesels, mekaar leer ken, gelag, gedeel en gegroei. Wat hy nie geweet het nie, is dat een van ons gemeenskaplike vriende agter sy rug vir hom moes “inligting afgee”! Kort daarna het ons op 3 Januarie 2024 mekaar vir die eerste keer in persoon ontmoet – ’n ete by Cowfish en daarna ’n fliek. Die res is geskiedenis. Op 2 Februarie 2024 het hy my gevra om sy meisie te wees, en sonder twyfel het ek “JA!” gesê. Ons het van die begin af geweet: Jesus is die Een wat ons paaie gekruis het. Hy is die fondament van ons verhouding, en Sy seën was duidelik sigbaar van dag een af. Op 21 Desember 2024 het Jandré weer op sy knie gegaan – en weer was my antwoord ’n volmondige, trane-in-my-oë “JA!” Ons Troudag: Vellies, Kortbroeke & Wildsplaas-Wonder. Ons het altyd geweet: ons troue moet eg wees. Lekker. Ontspanne. ‘n Fees waar almal tuis kan voel – waar mans kortbroeke dra, almal hulle vellies kan aantrek, en ons saam ’n onvergeetlike naweek kan beleef. Ons naweek troue het op ’n pragtige wildsplaas plaasgevind. Gaste het reeds vanaf die Vrydag saam met ons begin kuier en op die plaas oornag. Saterdag was die groot dag – vol trane, lag, liefde en ongelooflike herinneringe. Ons was van dag een af so geseënd met almal se bydraes, hulp en gebede. Oor en oor is ons huwelik bevestig deur ’n vers wat vir ons baie beteken: Prediker 4:12 – “’n Driedubbele tou breek nie maklik nie.” Sonder dat mense geweet het dit is óns vers, het hulle dit aan ons gegee op geskenkbriefies, in toesprake, en selfs tydens die heildronk.
Diensverskaffers:
- Blomme: Blaauwbank Game Farm
- Bruidegom-pak: Woolworths en Boerboel Wear
- Dekor: Blaauwbank Game Farm
- Fotograaf: Rustic Barn Productions
- Gaste Geskenke: Biltong pakkies
- Grimering: Bernice Reynolds Artistry
- Hare: About The Hair (Tshidi)
- Huurdienste: Eastco Party Hire
- Huweliksbevestiger: Willie Botha en Marius Keyter
- Juweliersware: Lovisa
- Trouring: American Swiss en Pearl & Diamond
- Troukoek: Stukkie Plaas
- Koördineerder: Blaauwbank Game Farm
- Musiek: Apple Music
- Platejoggie: Wayne Eksteen
- Skoene: Ipanema Sandale
- Skryfbehoeftes: Paper Petals
- Strooimeisie-rokke: Gelique Couture
- Trourok: Oh My Gosh Bridal
- Venue: Blaauwbank Game Farm
- Paartjie se verblyf: Blaauwbank Game Farm
- Vermaak: Ryno van Rooyen
- Videograaf: Rustic Barn Productions
- Huwelik kontrak: Wynand du Plessis en Vennote Inc.
- Wittebrood plek: Jeffreysbaai en Mosselbaai

