STORIE:
Ons trou dag was n viering van liefde,kleur & die teenwoordigheid van God,ons sprokies verhaal,waar alles in plek geval het soos dit bedoel was.
My trourok,toe ek hom aanpas,het ek trane gekry & geweet die is my rok. Iets wat ek oor gedroom het toe ek ‘n klein meisie was,ek het soos ‘n prinses gevoel,so kosbare oomblik met die wete dat ek met my beste maatjie gaan trou,in die rok.
My man,Jandries het ‘n swart,tydlose & elegante pak gedra. Toe ek hom sien was my hart rustig en kinderlik opgewonde terselfde tyd,dat hy my man word,viraltyd. Die beste gevoel !
Ons venue was vir ons die mooiste plek,maar die kerkie het uitgestaan. God se teenwoordigheid het ons gevoel, ‘n heilige vrede & warmte. Dit was vir ons ongelooflik spesiaal.
Die dekor & blomme was baie mooier & perfek as wat ons ooit sou kon beplan of dink. Die pienk & oranje kleure met helder kleur blomme by het die saal vrolik gemaak & warm laat voel. Baie beter as ons inspirasie of drome. Minimalisties maar net genoeg.
Iets spesiaal vir ons. Ons “First Dance” was op Whiskey To My Soul,wat Jandries gekies het vir ons,ons het stadig gedans & net alles ingeneem dat ons nou man & vrou is, & dat dit vir ons die beste dag is.
Ons het mekaar heeldag herinner
” Neem net gou die oomblik in”. Dit het gevoel asof tyd vir ons stil gaan staan het.
Diensverskaffers:
- Blomme: Esmé’s Decor & Flowers
- Bruidegom-pak: Viléste Couture
- Dekor: Esmé’s Decor & Flowers
- Fotograaf: Evee Photography
- Gaste Geskenke: Leer-kruisies
- Grimering: Make-up by Micayla
- Hare: ND Hair Studio – Natasha
- Huurdienste: Esme’s Decor & Flowers
- Huweliksbevestiger: Dominee Pierre Van De Berg
- Juweliersware: Bridal Emporium
- Trouring: Franchan Diamonds & Heathons
- Troukoek: Sugar & Spice
- Koördineerder: Gerhard Steyn
- Musiek: DJ Ertjies
- Platejoggie: DJ Ertjies
- Skoene: Aldo
- Strooimeisie-rokke: Lena-Lisa
- Trourok: Bridal Emporium
- Venue: Bella Cardi
- Paartjie se verblyf: Bella Cardi
- Videograaf: Petrie
- Wittebrood plek: Wilderness

