STORIE:
Trou beplanning was soos ‘n 70km hike te doen in die Outeniqua; opgewondenheid, tye van sukkel, deurdruk, moeilike gesrpekke, blase, maar ook wilde Proteas, asemrowende uitsigte, ongelooflike mense, liefde, omgee, verstaan, en soveel deurnis.
My trourok soek was uitdagend tog so vervullend, van Johannesburg toe vlieg van die Kaap af, om seker te maak my ma en sussie kan deel in die oomblik wanneer die emosies my oorval en ek weet dat dit my rok is. Gepas soos ‘n handskoen, gemaak vir my en die vrou wie ek word.
My man se troupak was die minste va my stres en ek het volle vertroue in hom gehad dat hy ‘n pak sou kies waarin hy sal voel presies hoe ek in my trourok voel, onmeetbaar gelukkig. Sy troupak het so mooi by hom en by ons troue gepas.
Ons onvergeetlike dag het begin by die oue Moederkerk Stellenbosch, waar klokke gelui het, trane gerol het, loodglas vensters tot by die dak gestrek het, kerk banke gepraat het van soveel geskeidenis, en liefde oorheers het.
Die strate van Stellenbosch het ons daarna verwelkom met sy vergewende Eikebome en goeie roomys. Moro, ons gunsteling roomys plek, is waar ons die eerste oomblike van ons “ja” deurgebring het, net ek en hy teen die wereld.
Lovane Boutique Wine Estate het ons party afgeskop tussen die Cabernet Sauvignon wingerde met belowende oes. Onder die Eiekebome het fantastiese wyn gevloei, danspassies gepronk, geselskap weerklank, trane van oorweldigende blydskap gerol, en soveel goeie herrinneringe geleef.
Dit was ons goue dag gevul met onvoorwaardelike liefde en geliefdes wat tot so ver as Ierland gereis het ons ons liefde te bewaar en geniet.
Ons sou niks verander nie, dit was en is, die beste dag wat ons al ooit saam kon leef in 9 jaar. Ons weet daar gaan nog vele meer wees.
Soos goeie rooi wyn verouder, so sal ons liefde ook wees…
Diensverskaffers:
- Blomme: Andre Lammers
- Bruidegom-pak: Eurosuit
- Dekor: Urbantonic & DIY
- Fotograaf: My Forever After
- Gaste Geskenke: Geen
- Grimering: Nique on Fleek
- Hare: Nique on FLeek
- Huweliksbevestiger: Lionel Hutton
- Juweliersware: Simo & co.
- Trouring: Miinella
- Troukoek: Desirees cakes
- Koördineerder: JP van Huyssteen (Pinky Promise)
- Musiek: DJ Chapo (Jean)
- Platejoggie: DJ Chapo (Jean)
- Skoene: Shein
- Skryfbehoeftes: Self gedoen
- Strooimeisie-rokke: Eie rokke gekoop
- Tente: Geen
- Trourok: Atari’s Bridal Boutique
- Venue: Lovane Boutique Wine Estate
- Paartjie se verblyf: Lovane Boutique Wine Estate
- Vermaak: Bruidspaar
- Vervoer: Eie
- Videograaf: Gareth Digital Photography
- Huwelik kontrak: Tim Du Toit Attorneys
- Wittebrood plek: Thailand (Thavorn Beach Village)

