Jeandré & Shanri Eygelaar

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25158


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Die datum het ons spesifiek gekies omdat, twee, een word (21 Nov).

      Ons storie het op 5 Januarie 2023 begin, by ’n waffle house in Grootbrakrivier. Ek het daar gekelner om geld bymekaar te maak vir die wollekind wat ons vandag het – ons Dash. Hy het ook die ringe ingebring. Dit was baie spesiaal toe hy vir Jeandré ‘n drukkie gee by die seremonie toe ons die lint met die ringe afhaal. Ons het ook voete gewas by die seremonie.

      Ons was so geseënd om die blomme uit ons vriende se tuine te pluk. Gereeld wanneer ons na die Here se skepping kyk in die veld sê ons vir mekaar “Dis die pallet.” So bietjie van ‘n “inside joke” wat verwys na die kleurskema van die troue. Daar is gereeld oomblikke wanneer ons ry wat ons die blomme/plante wat ons gebruik het by die troue in die veld sien en dit is vir ons baie spesiaal.

      Die rok het my soos ‘n handskoen gepas. Dit was net perfek. Die rok was nie eers een van my opsies gewees vanaf Bridal Ever After se webtuiste nie, maar toe ek gaan aanpas vir die eerste keer, het Marijke (die gesig van Ever After Bridal) my een kyk gegee en gesê “Wag.” Sy het toe die hierdie stukkie hemel vir my van die rak afgehaal en ek het dadelik geweet dit is die rok, my rok. Eenvoudig en elegant met blaar-detail aan die sykante en agter met die rug wat oop is.

      Jeandré was verras toe hy sy suit sien die oggend wat hy aangetrek het. Ek het sy suit se baadjie aan die binnekant belyn met handgeskrewe briewe. Hiérdie briewe het ek oor die jare vir hom geskryf. Ek het dit op ‘n blink polyester materiaal laat print en ingevoer. Sy sokkies het gesigte van my en Dash op.

      Meeste van die beplanning was self gedoen deur my en Jeandré met die behulp van Pinterest en naby-familie. Ons het AVZ in die Paarl aangeskaf om ons te help met die blomstrukture en bruidstafel, ons het ook meeste van die dekor by hul gehuur. Dit het gehelp om ons prentjie ‘n realiteit te maak. Ons het by Kronenburg getrou net buite die Paarl. Die familie het die saal self opgemaak.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: 50/50 – Self en AVZ
      • Dekor: 50/50 – Self en AVZ
      • Fotograaf: Milk and Honey Photography
      • Gaste Geskenke: Negosie
      • Grimering: Anushka Kotze
      • Hare: Anushka Kotze
      • Huurdienste: AVZ en Baie Goeters
      • Huweliksbevestiger: Elsché Eygelaar
      • Trouring: Van Deijl
      • Troukoek: Helena Eygelaar
      • Musiek: Lehandi Eygelaar, Andro en Matthew op viool en klarinet.
      • Trourok: Ever After Bridal (Marijke, Durbanville)
      • Venue: Kronenburg Estate
      • Vermaak: Martinus van Tee
      • Videograaf: Venster Media
      • Huwelik kontrak: Van Der Spuy & Partners (Ritz, Paarl)
      • Wittebrood plek: Botrivier – 3 plekkies – Copia, Mountain lodge, Aquila.