Jimmy & Franné Muller

STORIE:


Ons troue was regtig ’n droom wat waar geword het – ’n sprokiesverhaal van begin tot einde. Elke detail was mooi beplan, en met die liefde en harde werk van ons familie, vriende en ongelooflike verskaffers, het alles meer perfek uitgekom as wat ons ooit kon droom.

Van die asemrowende blomme wat met liefde deur my tannie en niggie gemaak is, tot die manier waarop ons fotograwe en videograwe elke magiese oomblik vasgevang het, was dit ’n meesterstuk van herinneringe. My trourok, saam met die perfekte hare en grimering, het my soos ’n regte prinses laat voel, en my aantreklike man het my asem weg geslaan in sy sjarmante troupak.

Ons was geseënd om ons liefde te vier op my oom se pragtige plaas by Lekwena Wildlife Estate – omring deur die natuur, wilde diere en die asemrowendste tonele. Die foto’s sê alles: dit was ’n dag vol liefde, vreugde en skoonheid wat vir altyd in ons harte sal leef.

Help asseblief om hierdie sprokie nóg meer spesiaal te maak deur vir ons troue as Troue van die Jaar te stem. Elke stem beteken vir ons die wêreld! ❤️


    STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


    Stemme maak teen 7 Maart 2026 oop.  Klik hier om op te teken om 'n herinnering per e-pos te ontvang wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2025 oop maak.

    Diensverskaffers:

    • Blomme: BeeHappy Events
    • Bruidegom-pak: Jones & Kent
    • Dekor: A&E Wedding & Function Decor
    • Fotograaf: Soet Studios
    • Gaste Geskenke: Tic Tacs
    • Grimering: Esperanza Beauty Studio
    • Hare: Esperanza Beauty Studio
    • Huurdienste: Lekwena Wildlife Estate
    • Huweliksbevestiger: Frans Boshoff
    • Juweliersware: Eden and Co
    • Trouring: Diamond Corporation
    • Troukoek: Diana Bibbey
    • Musiek: Sound Trading Pine Pienaar
    • Platejoggie: Sound Trading Pine Pienaar
    • Skoene: Fynbos Bridal
    • Skryfbehoeftes: Perfect Gifts
    • Strooimeisie-rokke: The Maiden
    • Trourok: Bridal Wardrobe
    • Venue: Lekwena Wildlife Estate
    • Paartjie se verblyf: Lekwena Wildlife Estate
    • Vermaak: Sound Trading Pine Pienaar
    • Vervoer: Lekwena Wildlife Estate
    • Videograaf: C.J. Concepts
    • Huwelik kontrak: Bekker, Brink & Brink
    • Wittebrood plek: Timamoon