STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25048
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
My troubeplanning was ’n mengsel van opgewondenheid en stres, maar elke oomblik was die moeite werd. Die dag toe ek my rok aantrek en dit perfek pas—geen verstellings nodig nie—het ek net geweet: dít is my rok. Dit het my soos myself laat voel, gemaklik en mooi. Die pak was net so stylvol en spesiaal, en saam het dit alles perfek bymekaar gebind.
Die week voor die troue het die weer ons behoorlik getoets; die aand voor ons groot dag het dit selfs hard gereën. Maar toe ons spesiale dag uiteindelik aanbreek, kon niks mooier uitgedraai het nie. Om saam met my Pa by die trougang af te stap, was ’n oomblik oorweldig met emosie. Alles het stil geraak, behalwe vir een enkele voëltjie wat getjirp het—’n sagte herinnering aan vreugde, hoop en ’n nuwe begin. Dit het ’n diepe rustigheid gebring, asof daar ’n hand van beskerming oor ons was.
Wat vir ons die meeste uitgestaan het, was nie net die fyn detail en mooi dinge nie, maar die oorweldigende gevoel van liefde en samehorigheid wat die hele dag gedra het. Dit was ’n dag vol betekenis, lag en herinneringe wat ons vir altyd in ons harte sal koester.
Diensverskaffers:
- Blomme: Kromdraai Blomme
- Bruidegom-pak: Maria Thom
- Dekor: Self gemaak
- Fotograaf: Natalee Photography Photo & Film
- Gaste Geskenke: Hout plankies gemaak deur Stols Houtwerke
- Grimering: Jana’s Studio
- Hare: Hair by Hennerien
- Huweliksbevestiger: Ds. Jan Truter
- Juweliersware: Self gemaak
- Trouring: Desert Rose Jewellery Manufacturer
- Troukoek: Arti Bakes
- Koördineerder: Self gereël
- Musiek: DJ Kian
- Platejoggie: DJ Kian
- Skoene: Woolworths
- Strooimeisie-rokke: Lamei Couture
- Trourok: Bridal
- Venue: Mac Country Venue
- Paartjie se verblyf: Pavetta Country House
- Vervoer: Familie vervoer
- Videograaf: Natalee Photography Photo & Film
- Huwelik kontrak: Johan Steyn Attorneys

