STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25108
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Om te trou is beslis nie perdekoop nie — ’n waarheid wat ek vinnig geleer het toe ek ons troue begin beplan het. Tog was dit een van die mees besonderse en betekenisvolle ervarings van my lewe. Al was daar oomblikke van spanning (veral omdat ek ’n perfeksionis is), was elke stap gevul met opwinding, drome en liefde, want my grootste wens was dat alles perfek sou saamvloei.
Na talle kilometers se reis deur die Kaap en Gauteng, op soek na daardie gepaste venue, het ons uiteindelik Smitsfield Wedding Venue net buite Ermelo gekies. Op 13/09/2025 het ons daar mekaar se “vir altyd” gekies. Ná meer as tien maande se beplanning, onsekerhede, vreugdevolle verwagting en klein uitdagings, het alles saamgesmelt in ’n dag mooier as wat ons ooit kon droom. Dit was ’n stille bevestiging dat die Here ons paaie doelbewus laat kruis het — en dat alles inderdaad op Sy perfekte tyd gebeur.
Die oggend van ons troue was kalm en vreedsaam. Al het ek self die beplanning hanteer, was ek geseënd met mense wat my visie verstaan het en met soveel liefde gehelp het om dit in elke detail te laat leef. Elke element van ons troudag het ’n storie vertel. Ons troukoek was regtig uit die boonste rakke, en ons kon nie vir ’n beter persoon as Vanessa gevra het om dit te maak nie. Dit was nie net ongelooflik lekker nie, maar ook prentjiemooi — selfs mooier as ons voorbeeld. Elke kosbare oomblik is met soveel sorg vasgevang deur RDK Photography en hul span.
My trourok was iets besonders: ’n ontwerp met verskeie elemente wat op vyf verskillende maniere gedra kon word, spesiaal gemaak deur my ma. Die eenvoudige, elegante dekor het die natuurskoon omhels en ons liefde op ’n egte manier weerspieël. Groenigheid, varings en monstera-blare het die natuurskoon omhels en die gevoel geskep dat ons liefde deel is van iets groter, iets natuurliks en tydloos. Omring deur familie en vriende gevul met liefde, lag, trane van vreugde en diep emosies het ons ’n dag beleef wat meer was as mooi— dit was betekenisvol.
Diensverskaffers:
- Blomme: Blaauwfields Event- Yonandi
- Bruidegom-pak: The Suit Shop
- Dekor: Styled with Decor- Hanri
- Fotograaf: RDK Photography
- Gaste Geskenke: MAD’ leather- Madeleen
- Grimering: Ubella pro makeup artistry- Alecia
- Hare: Ubella pro makeup artistry- Alecia
- Huweliksbevestiger: Ds. Charl van Schalkwyk
- Juweliersware: Bruid- The Jeweller en Bruidegom- Touchwood
- Trouring: Bruid- The Jeweller en Bruidegom- Touchwood
- Troukoek: The Big Day- Cake Studio Vanessa
- Koördineerder: Blaauwfields Event- Yonandi
- Musiek: Colorful Events- Hendroe
- Platejoggie: Colorful Events- Hendroe
- Skoene: Bruid- Aldo en Bruidegom- Truworths (Daniel Hechter)
- Skryfbehoeftes: Paper Cafe
- Strooimeisie-rokke: Truworths
- Trourok: Belinda Creations
- Venue: Smitsfield Wedding Venue
- Paartjie se verblyf: Smitsfield Wedding Venue
- Videograaf: RDK Productions
- Huwelik kontrak: VHS Attorneys
- Wittebrood plek: Mauritius

