Johnré & Lanél van Wyk

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25076


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ons het ontmoet in Mei 2018 en in 2023 by mekaar uitgekom en daar was dadelik ʼn “spark”.

      Ons het verloof geraak in Oktober 2024 en troue gehou op 12 April 2025.

      Ons gaan trou! Dit was die heel lekkerste tyd van ons lewens!

      Bella Montagna lê baie na ons harte, Johnré se ouma het groot geword op die pragtige plaas tussen Bethlehem en Fouriesburg in die Oos-Vrystaat. Die ou plaashuis is omskep in ʼn kerk en die melkstal is waar ons partytjie gehou het. Dit is absoluut beeldskoon met die prentjiemooi berge rondom ons.

      Ek, Lanél, is defnitief ʼn DIY persoon en ons het al die dekor by die troue self gemaak en voorberei. Ons het vandat ons verloof geraak het begin kyk vir droë takkies, veldgrasse en natuurlik pampas en palmboom-takke. Ons het saamgewerk as ʼn span om ons droom troue te beplan.

      Ek wou aanvanklik ʼn rok met baie vere en uitspattighede gehad het en een gekoop wat ons so wou verander maar op die ou end het ʼn tweede rok wat ek aangepas het by my gebly en ek het die eerste een teen ʼn wins verkoop om my droomrok te kry.

      Johnré se pak was van die begin af gekies en aangepas, hy het soos ʼn droom gelyk. Definitief die mooiste Bruidegom nog ooit!

      Dit was die mooiste dag met almal wat vir ons spesiaal is teenwoordig. Ons voel so geseën om ʼn foutlose dag te kon vier, die begin van ons lewe as een.

      ABBA is een van ons gunstelinge en die Tolivar gesin uit Amerika het gesorg vir behoorlike vermaak met ʼn Mamma Mia opvoering. Ons het gelag, gehuil oor die mooi, gedans tot laat en heerlik gesmul aan al die lekkernye.

      Dit is ʼn droomdag wat ons elke dag sal oorhê om die spesiale herinneringe weer te kan beleef.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Self (Droë takkies en pampas)
      • Bruidegom-pak: Ultimo’s
      • Dekor: Self en A & E Dekor Bethlehem
      • Fotograaf: Laughing Lamp
      • Gaste Geskenke: Joharette Oosthuizen
      • Grimering: Elizbe Smith
      • Hare: Elizbe Smith
      • Huweliksbevestiger: Ds. Grant du Plessis
      • Trouring: Elri Diamante & Juwele
      • Troukoek: Kaylin Roos
      • Musiek: Magic Moments Audio
      • Platejoggie: Magic Moments Audio
      • Skoene: Shein
      • Skryfbehoeftes: Joharette Oosthuizen
      • Strooimeisie-rokke: Shein
      • Trourok: Gabbiano
      • Venue: Bella Montagna
      • Paartjie se verblyf: Bella Montagna
      • Vermaak: Tolivar gesin van Verenigde State van Amerika
      • Vervoer: Klasie Visser
      • Videograaf: Laughing Lamp
      • Huwelik kontrak: Gawie Hoffman
      • Wittebrood plek: Mauritius