STORIE:
Ons het ontmoet in Mei 2018 en in 2023 by mekaar uitgekom en daar was dadelik ‘n “spark”.
Ons het verloof geraak in Oktober 2024 en troue gehou op 12 April 2025.
Ons gaan trou! Dit was die heel lekkerste tyd van ons lewens!
Bella Montagna lê baie na ons harte, Johnré se ouma het groot geword op die pragtige plaas tussen Bethlehem en Fouriesburg in die Oos-Vrystaat. Die ou plaashuis is omskep in ‘n kerk en die melkstal is waar ons partytjie gehou het. Dit is absoluut beeldskoon met die prentjiemooi berge rondom ons.
Ek, Lanél, is defnitief ‘n DIY persoon en ons het al die dekor by die troue self gemaak en voorberei. Ons het vandat ons verloof geraak het begin kyk vir droë takkies, veldgrasse en natuurlik pampas en palmboom-takke. Ons het saamgewerk as ‘n span om ons droom troue te beplan.
Ek wou aanvanklik ‘n rok met baie vere en uitspattighede gehad het en een gekoop wat ons so wou verander maar op die ou end het ‘n tweede rok wat ek aangepas het by my gebly en ek het die eerste een teen ‘n wins verkoop om my droomrok te kry.
Johnré se pak was van die begin af gekies en aangepas, hy het soos ‘n droom gelyk. Defnitief die mooiste Bruidegom nog ooit!
Dit was die mooiste dag met almal wat vir ons spesiaal is teenwoordig. Ons voel so geseën om ‘n foutlose dag te kon vier, die begin van ons lewe as een.
ABBA is een van ons gunstelinge en die Tolivar gesin uit Amerika het gesorg vir behoorlike vermaak met ‘n Mamma Mia opvoering. Ons het gelag, gehuil oor die mooi, gedans tot laat en heerlik gesmul aan al die lekkernye.
Dit is ‘n droomdag wat ons elke dag sal oorhê om die spesiale herhinneringe weer te kan beleef.
Diensverskaffers:
- Blomme: Self (Droë takkies en pampas)
- Bruidegom-pak: Ultimo’s
- Dekor: Self en A & E Dekor Bethlehem
- Fotograaf: Laughing Lamp
- Gaste Geskenke: Joharette Oosthuizen
- Grimering: Elizbe Smith
- Hare: Elizbe Smith
- Huweliksbevestiger: Ds. Grant du Plessis
- Trouring: Elri Diamante & Juwele
- Troukoek: Kaylin Roos
- Musiek: Magic Moments Audio
- Platejoggie: Magic Moments Audio
- Skoene: SHEIN
- Skryfbehoeftes: Joharette Oosthuizen
- Strooimeisie-rokke: SHEIN
- Trourok: Gabbiano
- Venue: Bella Montagna
- Paartjie se verblyf: Bella Montagna
- Vermaak: Tolivar gesin van Verenigde State van Amerika
- Vervoer: Klasie Visser
- Videograaf: Laughing Lamp
- Huwelik kontrak: Gawie Hoffman
- Wittebrood plek: Mauritius

