STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25013
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Dié groot dag waaroor ons maande lank van gepraat het, beplan het en omtrent elke aand van gedroom het, het na ʼn jaar en drie maande se ‘skouer aan die wiel sit’ ʼn werklikheid geword!
Die begin punt was natuurlik die venue.
Ons het die Kaap byna plat gery opsoek na ʼn stylvolle plek wat beide ons persoonlikhede weerspieël en Kaleo Guest Farm was net die perfekte venue daarvoor.
Die plek het al die boksies getiek van die beplanning, dekor tot ons gaste se verblyf behoeftes.
Die onthaal het gelyk soos ʼn sprokiesverhaal met die mooiste mengelmoes van herfs kleure asook ʼn klompie feetjie ligte wat ʼn warm, gesellige atmosfeer geskep het.
Alet van Heerden, Kaleo se ‘boss lady’, het al ons verwagtinge oortref.
Die plaas het ʼn magiese natuurskoon wat ook natuurlik gesorg het vir prentjiemooi troufoto’s.
My trourok het ek onverwags gevind by ʼn kliënt van my ma se dogter wat haar rok wou verkoop.
Ja, ek kon dit self nie glo nie..
Die spierwit ‘fitted’ rok het perfek om elke kurwe gesit. Sonder om twee keer te dink het ek besluit op hierdie spesiale rok vir ons perfekte dag.
Die prentjie van my man in sy troupak het my asem weggeslaan.
Net om sy reaksie te sien terwyl ek by die paadjie afstap was vir my al klaar ʼn hoogtepunt!
Hy het so mooi gelyk in sy donker groen pak wat spesiaal vir hom gemaak was.
Ma Susan het gesorg vir die mooiste lap vir sy pak. My man het die styl met die ontwerper bespreek en presies geweet wat hy soek.
Sy steen kleur das en ander bykomstighede het hy self uitgesoek vir hom en sy strooijonkers.
So perfeksionisties soos Jonáthan is, net só moes al sy strooijonkers dieselfde lyk.
Ons het ons eie geloftes gehad en sal dit vir baie aanbeveel, dit maak die oomblik soveel meer intiem. Die seremonie het buite op die grasperk, op ʼn windstil dag, onder ʼn groot boom plaasgevind.
ʼn Troue is so ʼn heilige oomblik en ons wens vir elke paartjie ook só perfekte dag toe.
“It took a village” maar sou dit nie enigsins anders wou gehad het nie.
Diensverskaffers:
- Blomme: Kaleo Guest Farm
- Bruidegom-pak: Mariam’s Fabrics
- Dekor: Kaleo Guest Farm
- Fotograaf: Lora Photography
- Gaste Geskenke: Bederfeez
- Grimering: Carissa Bosman
- Hare: Carissa Bosman
- Huurdienste: All Things Wedding
- Huweliksbevestiger: Ds. Danie Möller / NG Helderberg Gemeente
- Juweliersware: Eden & Co
- Trouring: Carbon Effect
- Troukoek: Oppi Berg Spyseniers
- Koördineerder: Kaleo – Alett van Heerden
- Musiek: DJ Anker
- Platejoggie: DJ Anker
- Skoene: Woolworths
- Skryfbehoeftes: PNA
- Strooimeisie-rokke: Mariam’s Fabrics
- Tente: You2Camp
- Venue: Kaleo Guest Farm
- Paartjie se verblyf: Kaleo Guest Farm
- Vermaak: Ollie Photobus
- Vervoer: Ollie Photobus
- Videograaf: The Geldenhuyses
- Huwelik kontrak: Sumien Ferreira
- Wittebrood plek: Cannonier Beachcombers, Mauritius

