STORIE:
Dié groot dag waaroor ons maande lank van gepraat het, beplan het en omtrent elke aand van gedroom het, het na ń jaar en drie maande se ‘skouer aan die wiel sit’ ń werklikheid geword!
Die begin punt was natuurlik die venue.
Ons het die Kaap byna plat gery opsoek na ń stylvolle plek wat beide ons persoonlikhede weerspieël en Kaleo Guest Farm was net die perfekte venue daarvoor.
Die plek het al die boksies getiek van die beplanning, dekor tot ons gaste se verblyf behoeftes.
Die onthaal het gelyk soos ń sprokiesverhaal met die mooiste mengelmoes van herfs kleure asook ń klompie feetjie ligte wat ń warm, gesellige atmosfeer geskep het.
Alet van Heerden, Kaleo se ‘boss lady’, het al ons verwagtinge oortref.
Die plaas het ń magiese natuurskoon wat ook natuurlik gesorg het vir prentjiemooi troufoto’s.
My trourok het ek onverwags gevind by ń kliënt van my ma se dogter wat haar rok wou verkoop.
Ja, ek kon dit self nie glo nie..
Die spierwit ‘fitted’ rok het perfek om elke kurwe gesit. Sonder om twee keer te dink het ek besluit op hierdie spesiale rok vir ons perfekte dag.
Die prentjie van my man in sy troupak het my asem weggeslaan.
Net om sy reaksie te sien terwyl ek by die padjie afstap was vir my al klaar ń hoogtepunt!
Hy het so mooi gelyk in sy donker groen pak wat spesiaal vir hom gemaak was.
Ma-Susan het gesorg vir die mooiste lap vir sy pak. My man het die styl met die ontwerper bespreek en presies geweet wat hy soek.
Sy steen kleur das en ander bykomstighede het hy self uitgesoek vir hom en sy strooijonkers.
So perfeksionisties soos Jonáthan is, net só moes al sy strooijonkers dieselfde lyk.
Ons het ons eie gelogtes gehad en sal dit vir baie aanbeveel, dit maak die oomblik soveel meer intiem. Die seremonie het buite op die grasperk, op ń windstil dag, onder ń groot boom plaasgevind.
ń Troue is so ń heilige oomblik en ons hoop opreg vir elke paartjie hul perfekte dag toe.
“It took a village” maar sou dit nie enigsins anders wou gehad het nie.
Diensverskaffers:
- Blomme: Kaleo Guest Farm
- Bruidegom-pak: Mariam’s Fabrics
- Dekor: Kaleo Guest Farm
- Fotograaf: Lora Photography
- Gaste Geskenke: Bederfeez
- Grimering: Carissa Bosman
- Hare: Carissa Bosman
- Huurdienste: All Things Wedding
- Huweliksbevestiger: Ds. Danie Möller / NG Helderberg Gemeente
- Juweliersware: Eden & Co
- Trouring: Carbon Effect
- Troukoek: Oppi Berg Spyseniers
- Koördineerder: Kaleo – Alett van Heerden
- Musiek: DJ Anker
- Platejoggie: DJ Anker
- Skoene: Woolworths
- Skryfbehoeftes: PNA
- Strooimeisie-rokke: Mariam’s Fabrics
- Tente: You2Camp
- Venue: Kaleo Guest Farm
- Paartjie se verblyf: Kaleo Guest Farm
- Vermaak: Ollie Photobus
- Vervoer: Ollie Photobus
- Videograaf: The Geldenhuyses
- Huwelik kontrak: Sumien Ferreira
- Wittebrood plek: Cannonier Beachcombers, Mauritius

