STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25090
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
12 April 2025, die groot dag.
Vier maande se voorbereiding vir ’n dag wat ons altyd sal koester. Twin Trees Wafel Restaurant in Grootbrak Rivier was ons gekose venue. Die plek dra baie simboliek vir ons, daarom was dit die perfekte keuse.
’n Jaar voor ons ontmoeting stap ek by ’n boetiek in en kry my droomrok. Ek het eintlik vir ’n vriendin se dogter na ’n matriekafskeidrok gesoek. Op daardie stadium was daar geen man in sig nie. ’n Paar maande later, ná ons ontmoeting en verlowing, gaan soek ek weer die rok. Hulle kry dit in die stoor. Byna nommerpas. Dit was bestem.
Versot op Kingsley Heath, was dit sy verkose winkel vir sy uitrusting, saam met ’n paar vellies. Ek was trots op my held se stylvolle keuse.
Ek as bruid is ’n argitek. My bruidegom is ’n motor-detailer. Van die begin af was spanwerk vir ons belangrik. Ons het alles saam beplan tot in die fynste detail. Ons vriendskap het gegroei tot ’n koesterende verhouding met my toekomstige eggenoot. Dit was die ware kersie op die koek. Met hart en siel agter alles, asook deeglike huweliksvoorbereiding, het dit soos ’n sprokiesverhaal gevoel.
Hy was my dienaar, ek syne. Dit was vir my besonders om my bruidmeisies se voete voor die groot dag te was. Dit het diensbaarheid en liefde uitgebeeld.
Die verlowingsfotosessies, die proeflope by die grimeerkunstenaar, die kombuistee asook my naels was elkeen hoogtepunte. Tydens die seremonie het ek hom verras met ’n spesiale lied op die viool. Die seremonie was intiem met fyn persoonlike detail.
Die pastoor het pragtige klippies in die pad raakgesien saam met ’n veertjie. Dit het vir ons besondere simboliek gedra. Ons ringe het ’n spesiale gravering wat by die tema van die seremonie pas.
Elke aanvaarding van ’n uitnodiging was vir ons ’n voorreg. Almal se betrokkenheid het die dag nog meer betekenisvol gemaak, veral die musiek. Die tema was ’n kleurvolle herfseisoen met ’n koninklike aansitting.
Dit was ’n oggendtroue wat om 11:00 begin het. Teetyd en koeksny was perfek met ’n pragtige ontwerperskoek. Die dekor se besonderhede word mooi in die foto’s vasgevang.
Woorde is te min.
Die oggend se opgewondenheid saam met almal wat betrokke was, die afwagting tot die trouliedjie begin speel, die seremonie, die onthaal, ons arrivering, danse, toesprake, saamkuier, ’n tapas-ervaring, pizzas, wyne uit die wynkelder, ’n sjokoladefontein met doughnuts… dit sê alles.
Diensverskaffers:
- Blomme: Hannie Duits
- Bruidegom-pak: Kingsley Heath
- Dekor: Laurette Swanepoel, Twin Trees, Fancy functions
- Fotograaf: Anine Koch Photography
- Gaste Geskenke: Waterbesigheid, asook Anoniem
- Grimering: Wilna Allpass en assistent
- Hare: Wilna Allpass en assistent
- Huurdienste: Fancy Functions
- Huweliksbevestiger: Juan Smith
- Juweliersware: Persoonlike familielid
- Trouring: Bardins Jewellers
- Troukoek: Sweet Joy
- Koördineerder: Laurette Swanepoel
- Musiek: Marie-Jean Kotze, Surika Louw, Riaan & Erika (Shofars)
- Platejoggie: Geen spesifieke persoon, seremoniemeester, Ilze en Laurette het dit behartig
- Strooimeisie-rokke: Elkeen persoonlik gekies
- Tente: Gehuur deur Twin Trees
- Trourok: Pebbles
- Venue: Twin Trees Restaurant, Groot Brak Rivier
- Paartjie se verblyf: Bruid: oorgeslaap by venue voor troudag. Na die troue na Swellendam vertrek
- Vermaak: Musikante
- Vervoer: Thys le Grange: BMW M2 Competition
- Videograaf: Lizeri & Jeanri Combrinck
- Huwelik kontrak: Alistair Kingwill, Dereck Flangan
- Wittebrood plek: Swellendam, Kaapstad, Wynlande, Jacobsbaai

