Keegan & Melissa Koegelenberg

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25165


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Vir maande het ons beplan aan hierdie dag en uiteindelik was dit hier. Op 11 Januarie 2025 word ek om 6 uur wakker. Dis nog pikdonker buite behalwe vir die donderweer en blitse wat my droomvenue, Lace on Timber sporadies verlig. Dis my troudag en dit stortreën buite. Ek wou net benoud raak toe my Ma papnat gereën by die villa instap. Ek sal nooit haar woorde vergeet nie…”Maak nie saak wát hierdie dag bring nie, God sê, Mý plan, nie joune nie…” Ek weet ons het verwagtinge gehad oor hoe hierdie dag moet verloop, maar ek is seker Hy beplan iets selfs beter.” En wat ʼn dag was dit nie!! Alhoewel dit die hele dag deur aan en af gereën het, het dit niks weggevat van ons droomdag nie. Dit wás selfs beter! Ek het vroeg begin regmaak saam met my Ma en Bruidsmeisies en die opwinding was tasbaar. Ek kon nie wag om my handsome verloofde wat binnekort my man sou word tegemoet te stap in die pragtige kapel by Lace on Timber nie en om my droomrok deur Jolache Couture te kon aantrek nie. Ek onthou die oomblik toe ek hom voor in die kapel sien staan, senuweeagtig, maar onwrikbaar soos altyd en die oomblik toe ons trou aan mekaar beloof voor ons hartsmense. Daar was ʼn heilige atmosfeer en ʼn mens kon God se hand in alles voel regdeur die dag. Amper asof die reën Sy seën was wat ʼn mens tasbaar kon voel. Dit was en is steeds die beste dag van my lewe en ek sou niks anders wou hê nie, reën en al!

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Pebble & Lace
      • Bruidegom-pak: Mario Casas
      • Dekor: Pebble & Lace
      • Fotograaf: Nicolene Meyer
      • Gaste Geskenke: Oh my Fudge
      • Grimering: Liesl Niemand
      • Hare: Liesl Niemand
      • Huweliksbevestiger: Ds Fred Wilson
      • Trouring: Pearl and diamond studio
      • Troukoek: Miss Cake
      • Platejoggie: Event vision SA
      • Skryfbehoeftes: Melissa Koegelenberg
      • Strooimeisie-rokke: Esta Thomas
      • Trourok: Jolache Couture
      • Venue: Lace on Timber
      • Videograaf: Motioncraft Films
      • Huwelik kontrak: Matthys Coetzee Atorneys
      • Wittebrood plek: Protea Hotel Stellenbosch