STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25145
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
10 jaar se gewag….vir die perfekte onvergeetlike dag en toe UITEINDELIK die VROU geword van my Hoërskool liefde😍🥹❤️
Van die oomblik dat ons begin beplan het aan ons groot dag, was dit nie net oor blomme, klere en dekor nie dit was ’n reis van liefde, geloof en geduld. Elke klein detail, van die keuse van die venue tot die musiek, het ons nader aan mekaar gebring en ons herinner waarom ons hierdie pad saam stap. Die Here het ons elke tree gelei en ons harte rustig gemaak, selfs toe die beplanning oorweldigend geraak het.
Toe die dag uiteindelik aanbreek, was dit meer as net ’n troue dit was ’n viering van twee mense wat, na jare van liefde en groei, uiteindelik man en vrou geword het. Ons het nie net “ja” vir mekaar gesê nie, maar ook “ja” vir ’n toekoms saam, gebou op geloof en onvoorwaardelike liefde.
Na die mooiste dag van ons lewens, het ons die ongelooflike voorreg gehad om ons huweliksreis in Bali te begin. 🌺 Vir 11 dae het ons mekaar op ’n nuwe manier leer ken weg van werk, roetines en afleidings. Elke sonsopkoms en sonsondergang het ons herinner aan hoe groot God se skepping is en hoe geseënd ons is om dit saam te beleef.
Ons het gelag, ontdek, rus gevind en tonne nuwe herinneringe gemaak van avonture tussen rysvelde en watervalle tot stille oomblikke langs die see. Die mooiste deel van alles was egter dat ons dit as man en vrou kon deel.
Hierdie hoofstuk, van troubeplanning tot honeymoon, is net die begin van ’n lewe vol liefde, avontuur en genade. 💕
10 jaar se wag was VERSEKER die moeite werd😘😘😘
Diensverskaffers:
- Blomme: The Floral Artist
- Bruidegom-pak: Eurosuit
- Dekor: The Floral Artist
- Fotograaf: One Second One Shot Photography & Videography
- Gaste Geskenke: Syzygy Entertainment
- Grimering: Houlson Beauty
- Hare: Houlson Beauty
- Huweliksbevestiger: Dominee Wihahn De Beer
- Troukoek: Milk & Honey
- Koördineerder: Soulshine Events
- Musiek: V&E Entertainment
- Platejoggie: V&E Entertainment
- Venue: Doringrant Wedding Venue & Gasteplaas
- Paartjie se verblyf: Doringrant Wedding Venue & Gasteplaas
- Vermaak: V&E Entertainment
- Videograaf: One Second One Shot Photography & Videography
- Huwelik kontrak: Nunez Attorneys Inc.
- Wittebrood plek: Bali

