STORIE:
Ons het mekaar ontmoet in 2015, kennisse gebly vir lank, en in Februarie 2021 op mekaar verlief geraak. In 2023 het ons besluit om ‘n gedeelte van Wes Europa te toer. Anrich het my verloofring ‘n dag voor die vlug ontvang, nog nie 100% seker presies hoe of wanneer hy die groot vraag gaan vra nie. Op ons tweede aand in Parys Frankryk, het ons ‘n bootrit op die Seine rivier gedoen en ‘n onbeskryflike prentjie van ‘n goud geel Eiffel Tower voor ons gesien. Dit was ‘n once-in-a-lifetime moment – hy het op sy knie gegaan en gevra dat ek met hom sal trou. Daardie dag was die beste dag van my lewe, want hy kies my en ons gaan trou!!
Vir meer as ‘n jaar het ons die ongelooflike voorreg gehad om ons troue te kon beplan en die venue self te bou op my ouers se plaas in Parys, Vrystaat. Om te trou gaan oor meer as net een word met jou lewensmaat vir die res van tyd – die dag self gaan oor feesviering, seëning, beloftes, samesyn en herinneringe saam al jou vriende en familie.
Ons was in ‘n unieke posisie om alles van ons hele trou venue en trou naweek self te kon beplan, bou en uitleef soos ons daaroor gedroom het – en dit het elke moontlike droom oorskry. Ons gesinne het so hard gewerk om vir ons die perfekte dag te kan skep, iets wat ons vir altyd sal voor dankbaar wees. Teen die Vaalrivier, in ‘n bloekombos, onder die maanlig en sterre het ons ons prentjie-perfekte fees gehou. Fairy lights het ons koppe bedek en ons toegevou soos ‘n laken – 1.2km daarvan om presies te wees. Ons blomme? Oranje en pienk om die liefde, vreugde, “joy” en warmte in ons verhouding uit te beeld. Bonfires, ‘n kroeg gebou uit bale, pienk en oranje skakerings en die gelag en geselligheid van ons gaste het ons omring soos ons deurnag ons huweliksbevestiging vier.
Ons het terug gestaan, gekyk na ons trou venue en na ons gaste met wie ons so geseënd is, en besef – die Here het ons só geseën om ons sprokies troue te kon hê, en net so ook seën Hy daagliks ons huwelik.
Diensverskaffers:
- Blomme: Hilda Kloppers
- Bruidegom-pak: Self laat maak
- Dekor: Timeless Decor
- Fotograaf: Jonny Janse van Vuuren
- Gaste Geskenke: Klein fudge potjies
- Grimering: Micaela Ben
- Hare: Conrad Bouwer
- Huurdienste: Tentworx
- Huweliksbevestiger: Mauritz Zietsman
- Juweliersware: Van my moeder af
- Trouring: V’Dodili
- Troukoek: Sweetly Cakes
- Koördineerder: Chanté Maartens
- Musiek: Mitzi Gilbert (DJ Chopper)
- Platejoggie: Selfde
- Skoene: Castello
- Skryfbehoeftes: Deur Chanté Maartens
- Strooimeisie-rokke: Truworths
- Tente: Geen
- Trourok: BBB exclusive bridal boutique
- Venue: Ouers se plaas in Parys
- Paartjie se verblyf: Cottage op die plaas
- Vermaak: Jonny Janse van Vuuren
- Vervoer: Outydse rooi Ford (op fotos)
- Videograaf: Jonny Janse van Vuuren
- Huwelik kontrak: Karin Piek
- Wittebrood plek: MSC boot (Frankryk, Italiê en Spanje) vir n week, en Mauritius vir n week

