Lood & Anri Meyer

STORIE:


Op 2 Desember 2023 het my ridder op sy John Deere trekker my hand gevra. Die dag was vol van opgewondenheid en ons kon uiteindelik ons sprokies dag begin beplan. Na vele besoeke aan verskeie venues, het ons ons kasteel gevind – Castle de Wildt in Modimolle. Ons kon begin beplan aan ons droom troue. Dis wonderlik om die laaste rukkie voor die troue te sien hoe alles in plek val. Hoe maande se beplanning en jare se drome bymekaar kom. Ons het die troue haarfyn beplan. My man se groen pak is gereed en my trourok hang voor die kas. My skoene, wat ek en my man versier het, is netjies terug in die boks en sy skoene is uitgetrap. Nou begin ons die lysies afmerk. Die droom dag het aangebreek en daar hang ‘n stilte oor die bosveld. Dis ‘n helder oggend met en die son se goue strale beklemtoon elke randjie van die kasteel en elke detail van die bosveld vlaktes. Elke oomblik het gevoel soos iets uit ’n fyn bewaarde feëverhaal. Ek het in my droomrok verskyn – ’n vloeiende, sagte silhoeët van kant, met detail van bo tot onder wat in die sonlig geblink het soos sterre. Die rug, arms en nek was bedek met kant en ’n sluier wat agter my oor die trappe van die kasteel af gedans het met ons voorletters en datum op geborduur. Ek het gevoel soos ’n koningin, nie net omdat die rok perfek was nie, maar omdat my hart vol liefde was vir die man wat voor op my wag. En daar het hy gestaan – my man, my sielsgenoot – in sy koningswaardige pak. ’n Donker groen pak met John Deere manchetknope wat perfek by hom gepas het. Hy het soos iets uit ’n sprokiesverhaal gelyk, elegant, trots en met oë vol trane en liefde. Elke detail – van die blomme, dekor, kos en musiek, tot die kandelare wat in die binnehof geskitter het – het bygedra tot die asemrowende dag. Ons eerste dans, was ’n dans van drome – en die wêreld het stilgestaan net vir ons twee. Hierdie was nie net ’n troue nie. Dit was ’n sprokie wat waar geword het, ‘n simbool van liefde, styl, en die kuns om drome met liefde en passie te leef.


    STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


    Stemme maak teen 7 Maart 2026 oop.  Klik hier om op te teken om 'n herinnering per e-pos te ontvang wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2025 oop maak.

    Diensverskaffers:

    • Blomme: JC Creations (Johan Esterhuizen)
    • Bruidegom-pak: Oriental plaza
    • Dekor: JC Creations (Johan Esterhuizen) en Castle de Wildt
    • Fotograaf: Salt Photography
    • Gaste Geskenke: Sleutelhouers – The Groom & Co
    • Grimering: Akstrakt Artistry
    • Hare: Akstrakt Artistry
    • Huurdienste: JC Creations (Johan Esterhuizen)
    • Huweliksbevestiger: Ds. Hardus Pienaar (Middelburg)
    • Juweliersware: Elma juweliers
    • Trouring: Palazzo Middelburg (Haroon Bhayat)
    • Troukoek: Cinderellas Cakes & Treats
    • Musiek: Doman Entertainment & Co.
    • Platejoggie: Doman Entertainment & Co.
    • Skoene: Shein en self versier
    • Skryfbehoeftes: Iniek
    • Trourok: Wedding Bells couture
    • Venue: Castle de Wildt
    • Paartjie se verblyf: Castle de Wildt
    • Videograaf: LB videography
    • Huwelik kontrak: Johan Alberts
    • Wittebrood plek: Mauritius