STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25079
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons trou storie 🤍
Ons troudag was mooi.. regtig mooi, maar nie op ’n manier wat swaar of oordink gevoel het nie. Alles het net natuurlik saamgewerk.
Ons het so veel as moontlik local verskaffers gebruik, en elkeen se diens was besonders. Van die venue tot die blomme, die koeke en al die detail, daar was ’n sagte samehang wat die dag laat vloei het. Dit het gevoel asof alles op die regte plek was, sonder om hard te probeer.
Ek het self my trourok gemaak, sowel as my bridesmaids se rokke en die blommemeisie se rokke. Dit was vir my belangrik dat dit mooi moes wees – elegant, tydloos en persoonlik.
Ons het baie self gedoen, en waar ons nie kon nie, het vriende vanself ingestaan om te help. Daar was hiccups en verrassings (soos altyd), maar dis die snaakse ding van ’n troue: as iets nie perfek gaan nie, weet niemand dit nie. Jy onthou net hoe dit gevoel het.
Ons het geleer ’n mens hoef nie ’n troue te oordink nie. Wanneer jy dit net leef, word dit die lekkerste dag van jou lewe.. mooi, vol betekenis, en omring deur mense wat jou dra 🤍
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nina Buys Photography
- Troukoek: Black Orchid Potchefstroom
- Venue: Anderland

