STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25088
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons het ons troubeplanning vreeslik geniet deur om te verseker dat die reëlings en besprekings alles onder ‘n “date” val. Al is dit ‘n vinnige koffie kry of ‘n sushi-buffet en ure beplan, ons het ‘n geleentheid van alles gemaak.
Ek het een belangrike les vooraf geleer- kies op watter areas jy bereid gaan wees om groot geld te spandeer (“splurge”) en wat nie die groot geld werd is nie. Trou is duur en ons almal weet dit, maar kies waar jy jou geld gaan spandeer.
My trourok was een area waar ek geweet het ek was bereid om te spaar dat dit goed gaan. My droom trourok was by Calegra gemaak deur ontwerper Kobus Dippenaar. Die totaal en al teenoorgestelde van wat ek wou gehad het. Ek het eenvoudige satyn in gedagte gehad, maar toe rok nr.3 aanpas was dit ‘n “no-brainer”. Die uniekheid van die rok en die kant van die rok was net asemrowend. Om boonop ‘n rok te kry wat jou liggaam komplimenteer is uiters belangrik.
Die troupak was ‘n maklike uitstappie, want mans is mos eenvoudig en weet dadelik wat hulle soek! Ons het met ‘n troupak reggekom by Mr. Suit Hire.
Ons troue was in die pragtige Robertson, by DuVon Wine and Wedding Estate. Ons eerste wegbreek as ‘n paartjie was in Robertson, dus was dit ons droom om in Robertson te trou. Toe ons DuVon vir die eerste keer sien, het ons dadelik geweet “This is the one!”.
Ons dekor was simplisties, want minder is meer. Donker rooi blomme op die tafels, want ons wou ‘n warm gevoel by ons koue winter troue skep.
Ek het my strooimeisies se rokke ook ‘n wynrooi kleur gemaak en die integrasie afgesluit deur om my trounaels ook ‘n wynrooi te maak.
Elke oomblik van ons troue was spesiaal. Die feit dat al ons mense van Kaapstad af kom en vir die naweek Robertson toe gereis het was uiters spesiaal. Ons was omring met ons hartsmense. Alles was net perfek!
Diensverskaffers:
- Blomme: Blomme deur Laura
- Bruidegom-pak: Mr. Suit Hire
- Dekor: Blomme deur Laura
- Fotograaf: Zana’s Lens
- Gaste Geskenke: Tuisgebakte Fudge en ‘n Tequila shot
- Grimering: Makeup by Zet
- Hare: Hair by Leandra
- Huweliksbevestiger: Marius Joubert
- Juweliersware: American Swiss
- Trouring: Gold&I
- Troukoek: Winilla
- Musiek: DJ Kat
- Platejoggie: DJ Kat
- Skoene: Aldo
- Trourok: Calegra Bridal House
- Venue: DuVon Wedding and Wine Estate
- Paartjie se verblyf: DuVon Wedding and Wine Estate
- Videograaf: Boland Weddings
- Huwelik kontrak: Marius Joubert
- Wittebrood plek: Stanford en Mosselbaai

