STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25096
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Die mees perfekte dag! Ek het met my beste maatjie getrou, eerste kêrel, hoërskool liefde getrou en Jesus se teenwoordigheid was so tasbaar. Omring deur al ons vriende en familie, was elke oomblik spesiaal en het almal se harte geraak. My ma was ʼn onmisbare deel van die troubeplanning, en haar ondersteuning het die proses soveel makliker en vreugdevoller gemaak. My trourok was ʼn droom wat waar geword het, self ontwerp en met liefde gemaak, wat my unieke styl en persoonlikheid weerspieël het.
My man het asemrowend gelyk in sy pragtige troupak, wat sy elegansie en opgewondenheid vir ons spesiale dag beklemtoon het. Die oomblik toe hy my vir die eerste keer gesien het, het hy in trane uitgebars, ʼn bewys van die diepte van sy liefde en die emosie van die oomblik.
Die venue was asemrowend, met dekor wat my verwagtinge oortref het. Een van die mees spesiale oomblikke was toe my man my voete gewas het, ʼn gebaar van nederigheid en diens soos wat Jesus vir Sy dissipels gedoen het.Ons het die heeldag geglimlag, oorweldig met vreugde en dankbaarheid, wetende dat ons liefde in Christus geanker is.
Diensverskaffers:
- Blomme: Koester bouquets
- Bruidegom-pak: Occasions
- Dekor: Die venue asook ek (die bruid ), my ma en strooimeisies.
- Fotograaf: Kondensmelk fotografie.
- Gaste Geskenke: Shein (penne met ons datum op , asook ‘n mostersaadbotteltjie)
- Grimering: Make up by Jessica
- Hare: Style it
- Huurdienste: Johnita Marx verhurings
- Huweliksbevestiger: Pastoor Francois Mattheus
- Juweliersware: Hello Haai
- Trouring: Evervow
- Troukoek: Shalom Cakes
- Koördineerder: Die venue en my ma.
- Musiek: George weddings and events
- Platejoggie: George weddings and events
- Skoene: Shein
- Skryfbehoeftes: PNA en Shein
- Strooimeisie-rokke: L&L Stiches
- Trourok: Bridal iin
- Venue: Oaksrest Vineyards , Ladismith.
- Paartjie se verblyf: Oaksrest Vineyards , Ladismith.
- Vermaak: Shoe game
- Videograaf: RPM media
- Huwelik kontrak: James King & Badenhorst
- Wittebrood plek: Alaska

