Mika & Jan-Louis Van Den Heever

STORIE:


Ons venue, Doolhof, was pure sprokie van die eerste oomblik af. Toe ons begin soek het, het ons ’n lysie van drie gehad — maar toe ons by Doolhof instap, het ons dadelik geweet dit is ons wenner.

Die herehuis lê tussen wingerde en berge, met daardie stil, tydlose atmosfeer wat mens nie kan beskryf nie. Elke vertrek vertel ’n storie. Dit is asof tyd daar stadiger beweeg, net genoeg om elke asem en glimlag te onthou.

En dan, natuurlik, die rokke. Daar was twee! Ilse Roux het my hoofrok ontwerp presies volgens my visie, en Bridal Wardrobe het die onthaalrok gemaak.

Ons het besluit om die ruimte nie met blomme te vul nie, maar met lig — kandelare bo, kerse oral — en die rok wás die blom. Elke laag, geïnspireer deur ’n enkele wit blom, het sag beweeg soos blare; eenvoud, elegansie en genade in vorm. Die bruidshoed het dié visie voltooi — ’n knik na die romantiese 1970’s.

Die onthaalrok was eenvoudig maar onvergeetlik: skoon lyne, tydlose vorm, en moue wat perfek by my styl en gemak gepas het. ’n Rok wat nie skree nie, maar fluister — met selfvertroue, vroulikheid en krag.


    STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


    Stemme maak teen 7 Maart 2026 oop.  Klik hier om op te teken om 'n herinnering per e-pos te ontvang wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2025 oop maak.

    Diensverskaffers:

    • Blomme: Bloom flowers by Rozanne
    • Bruidegom-pak: Mr Suit Hire
    • Dekor: Goeters
    • Fotograaf: Delicate photo&film
    • Gaste Geskenke: Geen
    • Grimering: Mana Bosch
    • Hare: Mana Bosch
    • Huurdienste: Goeters
    • Huweliksbevestiger: Anton Duvenhage
    • Juweliersware: Geskenk aan my van Jannie daardie oggend.
    • Trouring: Prins & Prins
    • Troukoek: Creative Redemption
    • Koördineerder: Art Weddings
    • Musiek: Mr Music
    • Platejoggie: Mr Music
    • Skoene: Next Online
    • Skryfbehoeftes: (Self)
    • Strooimeisie-rokke: (Gekoop aanlyn)
    • Tente: Geen
    • Trourok: Ilse Roux en Bridal Wardrobe
    • Venue: Doolhof
    • Paartjie se verblyf: Doolhof
    • Vermaak: Geen
    • Vervoer: Geen
    • Videograaf: Delicate photo&film
    • Huwelik kontrak: LS Law
    • Wittebrood plek: Sprinsteen Cabins en Stilbaai