STORIE:
Na ons verlowing was ons so opgewonde en het dadelik begin kyk na venues. Ons het besluit om te trou in n dorp wat vir ons spesiaal is en waar ons ook ontmoet het. Ons harte was dadelik gelukkig toe ons by Dweba Lapa aankom en die mooi plekkie sien. Beide van ons het vrede gekry en het geweet dit is presies wat ons wil he. Ons het n datum vasgemaak en dadelik begin met troubeplanning! Ons het daarop gefokus om die troue uniek aan ons twee te maak en ten spyte daarvan dat die venue die tafels, stoele, eetgerei en decor voorsien, het ons besluit om die res self te doen en te reel – natuurlik met die hulp van die beste familie en vriende. Nadat ons vir 5maande soveel dinge bymekaargemaak het en beplan het, het ons n week voor die troue vertrek na Pongola om die laaste goedjies reg te kry. Ons was in awe toe ons 3 dae voor die troue met die saal begin! Siende dat ons besluit het om alles self te doen, het ons dadelik weggespring die woensdag om die saal uniek aan ons te maak. Toe ons weer kyk was daar so baie vriende en familie wat n hand kom bysit het sonder dat ons daarvoor gevra het. Ons het daar besef dat ons regtig hartsmense in ons lewens het en dat daardie 3 dae soveel beteknis vir ons dra. Ons het hard gewerk en en soveel ondersteuning en liefde ontvang. Almal het net ingespring en begin werk om ons sprokiesdag perfek te maak. Morné se pak het ons al 4 maande voor die trou gaan kry en hy was soos n prins hanteer toe ons gaan aanpas by Sedgars. My trourok het my asem weggeslaan en ek wens ek kan nou steeds elke week my rok aantrek. My rok is gemaak deur Enid Becker, n mode ontwerper wat bly in Schweizer-Reneke en ek het die voorreg om haar my ma te noem. My ma weet vir ek en Morné maak die klein goedjies saak. Op my rok was daar n Bybel vers geskryf met krale en dit het hierdie rok so spesiaal gemaak! Ons het met trane by die saal ingestap en besef dat hierdie werklik ons droom dag is. Elke klein detail by ons troue het die dag so spesiaal gemaak!
Diensverskaffers:
- Blomme: Gail Muhl
- Bruidegom-pak: Sedgars
- Dekor: Self & Dweba lapa
- Fotograaf: Arline photography
- Grimering: Judy Smith
- Hare: Leah Herbst
- Huurdienste: Geen
- Huweliksbevestiger: Pastoor Michael Richards
- Troukoek: Zella Fourie
- Musiek: Ruan Barnard
- Strooimeisie-rokke: Enid Becker
- Trourok: Enid Becker
- Venue: Dweba Lapa, Pongola
- Paartjie se verblyf: Arizona
- Vervoer: Jacques van Vuuren
- Videograaf: Arline photography
- Huwelik kontrak: Sunel
- Wittebrood plek: Mauritius

