Paul & Merida Burger

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25099


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Paul en Merida het in 2019 ontmoet deur gemeenskaplike vriende, kort na Merida na Stellenbosch verhuis het. Hulle was eers vriende totdat die vriendskap uiteindelik ontwikkel het in iets spesiaal.

      Die verlowing was soos ’n sprokiesverhaal. Tydens ’n vakansie in Nederland, het Paul vir Merida verras met ’n perfek beplande verlowing in Keukenhof tussen die tulpe. Van hulle naaste vriende was daar om saam te vier en om te help keer dat Merida niks vermoed nie. Paul het haar gevra om met hom te trou met ’n kosbare diamant wat eens aan sy ouma behoort het en wat met liefde aan Paul oorgedra is.

      Van jongs af het Merida gedroom van ’n wynland-troue. Hulle het verskeie venues besoek, maar toe ons by Weltevreden Estate instap, het hulle geweet: hierdie is die een. Dat dit in Stellenbosch geleë is, die dorp waar hulle ontmoet het, het dit soos ’n volsirkel-oomblik laat voel.

      Paul en Merida het self die troue gereël met baie hulp en advies van ouers en vriende. Hulle troudag het begin met ’n bewolkte oggend, maar die wolke het oopgebreek en hulle is geseën met die perfekte somertroue waarvoor hul gebid het. Die troukleure was sag en neutraal, met ’n tikkie glans danksy honderde kerse, liggies en diskoballe.

      Die seremonie was ’n buiteluggeleentheid, gevolg deur ’n kanapéhappie-uur op die mooiste grasperk voor Weltevreden Estate se historiese herehuis. Die onthaal het plaasgevind in ’n unieke buitelig spasie, bedek met ’n wit markiestent. Paul het ook sy oorlede oupa geëer deur ’n bottel Cap Classique met ’n kosbare swaard wat sy oupa vir hom nagelaat het, te sabreer. Die aand het ontvou met heerlike kos, spesiale toesprake, pragtige danse en lekker musiek.

      Die paartjie se eerste dans was op Cooper Alan se Take Forever – dit was deur Paul gekies. Hulle troudag was alles waarvan hul gedroom het, ’n viering van liefde, familie, vriendskap en die pad tot vir altyd.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Smith Artistry
      • Bruidegom-pak: GD Suits
      • Dekor: All Things Wedding
      • Fotograaf: Candice Taylor Photography
      • Grimering: Lia Erasmus
      • Hare: Lia Erasmus
      • Huurdienste: The Table Cloth Hiring Company
      • Huweliksbevestiger: Ds Fourie Rossouw
      • Trouring: Bruidegom: Wiekus Viljoen Bruid: Stefan’s Jewellery
      • Troukoek: Sweet Salvation
      • Koördineerder: Lisa Nel, Alryn Steenkamp
      • Platejoggie: DJ Jam
      • Skoene: ALDO
      • Skryfbehoeftes: Connect Creative Studio
      • Strooimeisie-rokke: ASOS
      • Trourok: Alena Leena Bridal
      • Venue: Weltevreden Estate, Stellenbosch
      • Paartjie se verblyf: Weltevreden Estate
      • Videograaf: Red Beard Videography
      • Wittebrood plek: Turkye