STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25150
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Waar alles begin het,
Ons liefdesverhaal het begin waar min mense sou verwag — in ’n ekonomieklas in Graad 11 by Hoërskool Transvalia. Tussen grafieke, handboeke en lesings oor vraag en aanbod, het ons iets gevind wat geen formule kon verduidelik nie. Wat as hoërskoolliefde begin het, het stadig maar seker gegroei tot iets diep, standvastig en bestem.
Van daardie dag af het ons saam gestap. Ons het saam deur matriek se lang aande en eksamenspanning gewerk. Ons het mekaar vasgehou deur die onsekerheid van COVID. Ons het saam universiteit aangepak — take, toetse, drome en alles tussenin. In elke moeilike tyd het ons mekaar se hand stywer vasgehou. In elke goeie tyd het ons saam feesgevier.
Saam het ons soveel mylpale bereik — ons matrieksertifikate, ons kar lisensies, ons grade, ons eerste werke. Elke prestasie het net soveel lekkerder gevoel omdat ons dit langs mekaar kon beleef.
Vandag is ons albei onderwysers, en elke oggend stap ons saam deur die hekke van Hoërskool Transvalia — dieselfde plek waar ons liefde begin het. Waar ons eens as leerders gesit en droom het oor die toekoms, staan ons nou as kollegas, as man en vrou. Dit voel vir ons soos ’n vol sirkel — asof God van die begin af ’n groter plan gehad het.
Op 20 Junie 2025 het ons in die asemrowende Drakensberge verloof geraak. Ná ses jaar saam het ons geweet ons wil ons lewens vir altyd aan mekaar verbind. Daardie oomblik tussen die berge was stil, intiem en onvergeetlik — ’n “ja” wat uit die diepte van ons harte gekom het.
Ons het verloof geraak met die vaste besluit om te trou, en daarom het ons nie lank gewag nie. Op 19 Desember 2025 het ons by Rivierplaas ons geloftes gemaak en mekaar voor God en ons geliefdes gekies — vir altyd.
Ons troubeplanning – ’n reis op sy eie.
Die beplanning van ons troue was vir ons ’n ongelooflike mooi tyd. Ja, daar was oomblikke van stres, maar dit het ons net nader aan mekaar gebring. Ons het saam gedroom, saam besluit en saam gebou aan ’n dag wat werklik ons weerspieël.
Diensverskaffers:
- Blomme: Wildflower wonders
- Bruidegom-pak: Zerga gekoop by Sedgars
- Dekor: Gedoen deur Venue
- Fotograaf: Sonia van Dyk photography
- Gaste Geskenke: Naam Sleutelhouers
- Grimering: Make up Artistry by Cindy Jamneck
- Hare: Marelize van den Berg
- Huurdienste: Carmen Faurie,privaat
- Huweliksbevestiger: Warner Roberts
- Juweliersware: Lovisa en Sterns
- Trouring: Sterns
- Troukoek: Plaaslike Bakster. Kelly Wilsenach
- Musiek: Cherry on Top Productions
- Platejoggie: Cherry on Top Productions
- Skoene: Bruidegom- Pierre Cardin Bruid-Shein
- Skryfbehoeftes: Custom Craft Co
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Enzoani rok, gehuur by Coco Lace Benoni
- Venue: Rivierplaas Meyerton
- Paartjie se verblyf: Plaaskombuis Meyerton en die venue self.
- Vermaak: Cherry on Top productions
- Videograaf: Ryno van DBV productions en Cherry on Top Productions
- Huwelik kontrak: Jacky Venter Attorneys
- Wittebrood plek: Bloubergstrand in die Kaap

