Pieter & Mia Pohl

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25100


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ons het in die pragtige Drostdy Hotel op Graaff-Reinet getrou, die dorp waar ons albei se families toevallig van kom, en die hotel waar my ouers toevallig ook hulle eerste wittebrood nag spandeer het, 41 jaar gelede.

      Ons het alle dekor self gedoen met hulp van vriende, en my ma was ʼn absolute lewensredder! Ons tema was blomme, so sy het 180 stringe “floating flowers” self gemaak, sy het die blomme gedoen, die res van die dekor, vir elke gas ‘n lap servet gemaak met sy/haar voorletter op borduur, en die beste van alles- Sy het selfs my trourok gemaak! Hoe spesiaal is dit?

      Persoonlike aandag was vir ons belangrik, so daar was baie tyd ingesit om te kyk hoe ons dit so spesiaal as moontlik kan maak vir ons gaste.

      Ons is altwee groot LEGO liefhebbers, so dit was op klein maniere ingebring. Bv. Die mans se skouer-ruikers het almal ʼn klein LEGO blom in gehad tussen regte blomme, my ruiker ook, ons ring boksie was ʼn blou blok wat lyk soos n LEGO blokkie en ons altwee se geskenke aan mekaar het minwetend LEGO ingehad.

      Dit was ons perfekte dag en dit het gelyk soos iets uit ʼn sprokiesverhaal. Die mooiste deel vir my was om te sien hoe almal saam werk en help om die dag so mooi en spesiaal as moontlik te maak.

      Screenshot


      Diensverskaffers:

      • Blomme: Beatie van Daalen (ma van bruid)
      • Bruidegom-pak: Woolworths
      • Dekor: Ons self en vriendinne
      • Fotograaf: Lens-Liefde Fotografie
      • Gaste Geskenke: Ons self
      • Grimering: Do-Merié Erasmus
      • Hare: Uysela Du Toit
      • Huweliksbevestiger: Dominee Willie Smith
      • Juweliersware: Oorbelle- Flower followers. Die res – Erfdeel handgemaakte juwele
      • Trouring: Erfdeel Hangemaakte Juwele
      • Skoene: Shein
      • Skryfbehoeftes: Self ontwerp
      • Trourok: Beatie van Daalen (my ma)
      • Venue: Drostdy Hotel, Graaff Reinet