Reanhardt & Nedine Steyn

STORIE:


Ons was verloof 24.08.24. Bo op ‘n berg in Hartbeespoortdam. Opgewonde om ons lewe saam te begin na ‘n 8 jaar lange pad, vol goed en sleg, mooi en lelik, maar groot liefde vir mekaar. Ons het op 16 begin uitgaan en op 24 getrou. Die troubeplanning was vinnig aanmekaar gesit toe ons besluit om slegs 5 maande later trou op 25.01.25. Venue soek kom toe eerste. Die naweek na ons verloof is, vertrek ons na Venue Neveou se opedag. Ons besluit daar teen. Die volgende naweek besoek ons Ground, The Venue, en ons weet toe dis die een. Dit het tuis gevoel, soos ‘n naweek trippie huis toe na ‘n lang week weg. Die venue was vol pragtige bome, omring met berge wat my herinner aan die Kaap en die mooiste blomme tuine. Op die venue is daar ook ‘n vineyard, ‘n cactus garden en die mooiste ivy teen die mure van die reception hall. Beste van alles: ‘n boord Pecan nut bome vir die buite reception opsie. Ek het groot geword in ‘n estate vol Pecan nut bome. Dis toe ons weet! Ons besluit toe om beide die seremonie en onthaal buitelugs te doen – onder die son en die sterre, onvoorspelbaar en uniek. My trourok was gemaak deur Sila Bridal (PTA). Ons het toevallig soontoe gegaan die Vrydagaand op die ingewing van die oomblik met die hele Saterdag vol ander rok afsprake by 3 ander plekke. Die ervaring was soos ‘n droom. Wat laat mens meer soos ‘n bruid voel soos ‘n paar unieke rokke aanpas voor ‘n groot goue spieel en dis net jy, jou hoofstrooimeise en die rokmaker in die kamer. Ek het dadelik geweet dis die een. Die dekor van die troue was eenvoudig, maar vol kleur, karakter en sentiment. My gunsteling gedeelte was die onthaal: amper soos ‘n prentjie uit ‘n “Italy Wedding” boek. Die kerse was romanties, die blomme was vol liefde, en die liggies was die cherry op die koek. Ek onthou toe ons gaan sit by die onthaal en die speeches begin, hoe ek vir my sus sê, “Hierdie is presies wat ek van gedroom het”. Die dag en aand was gevul met joy, liefde, en opwindenheid vir ‘n lewe saam as man en vrou.


    STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


    Stemme maak teen 7 Maart 2026 oop.  Klik hier om op te teken om 'n herinnering per e-pos te ontvang wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2025 oop maak.

    Diensverskaffers:

    • Blomme: Blom Bespoke & The Blossomry
    • Bruidegom-pak: Markham’s
    • Dekor: Blom Bespoke
    • Fotograaf: Nina Buys Photography
    • Gaste Geskenke: Absolute Sport
    • Grimering: Harlow Makeup (Lisa Crous)
    • Hare: Cisca Pieters
    • Huurdienste: Nvt
    • Huweliksbevestiger: Lambert bester
    • Juweliersware: Self
    • Trouring: Grand Diamonds
    • Troukoek: The Big Day Cake Studio
    • Koördineerder: Nicci Campbell
    • Musiek: Sound Hatch Productions
    • Platejoggie: Tyerin
    • Skoene: Fynbos Wedding Shoppe
    • Skryfbehoeftes: Self
    • Strooimeisie-rokke: Lara Louise Designs
    • Tente: Nvt
    • Trourok: Sila Bridal
    • Venue: Ground The Venue
    • Paartjie se verblyf: Farmhouse 58
    • Vermaak: Nvt
    • Vervoer: Nvt
    • Videograaf: Evergreen Visuals