Rick & Marleen Barlow

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25156


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ons troue was die vervulling van ’n droom – ’n dag waar elke detail ons liefde en storie weerspieël het. Ons venue, Casa Cara, was nog altyd ons droomplek. Die rustige atmosfeer en natuurlike skoonheid het die perfekte agtergrond geskep vir die belangrikste “ja” van ons lewens.

      My trourok was ’n asemrowende Enzoani-ontwerp wat ek privaat gekoop het – tydloos, romanties en alles waarvan ek nog altyd gedroom het. My man se stylvolle pak was van Woolworths, perfek vir die elegante maar warm gevoel van ons dag.

      Die dekor, bruidstafel en kerkuitleg is met ongelooflike sorg deur Executive Weddings Parys gedoen – hulle het ons visie in ’n werklikheid omskep. My handruiker was ’n pragtige skepping van The Flowershed, terwyl ek self die bridesmaids se ruikers en die gaste-tafelblomme gemaak het – ’n klein maar baie spesiale persoonlike aanraking.

      Ons familie was van dag een af ongelooflik betrokke en ondersteunend met die beplanning en opset. Om al ons hartsmense op een plek bymekaar te hê, was die grootste geskenk van alles. Ons DJ – my man se nefie – het die dansvloer lewendig gemaak en elke liedjie het herinneringe geskep.

      Een van die mees onvergeetlike oomblikke was ons eerste dans. Ons het self choreografie op “Can’t Help Falling in Love With You” – uit gewerk en dit was absoluut ongelooflik. Dit was nie net ’n dans nie, maar ’n weerspieëling van ons verhouding: vol lag, passie, spanwerk en liefde.

      Ons troue was nie net mooi nie – dit was eg, persoonlik en vol betekenis. As julle glo in liefde wat met detail, familie en hart geskep is, stem vir ons. Ons droomdag is ’n viering van alles wat ’n troue behoort te wees – liefde, saamwees en herinneringe wat ’n leeftyd hou.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Executive wedding Parys / The Flowershed
      • Bruidegom-pak: Woolworths
      • Dekor: Executive weddings Parys
      • Fotograaf: Mariette Walt Photography
      • Grimering: Luvela
      • Hare: Luvela
      • Huweliksbevestiger: Soon Gemeente Parys
      • Trouring: Poggenpoel Diamond Jewellers
      • Troukoek: My ma het ons trou koek gebak
      • Platejoggie: Revodjs
      • Trourok: Enzoani Olyvia
      • Venue: Casa Cara Parys
      • Paartjie se verblyf: Casa Cara Parys
      • Huwelik kontrak: Etienne Bedeker incorporated
      • Wittebrood plek: Phuket Thailand