STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25120
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons het 25/01/25 as ons troudag gekies, want dit klink en lyk sommer net soos ’n lekker datum – en op lekker datums hou ’n mens lekker feesvieringe. En dit wás presies dit. Ná ’n hele jaar se beplanning, met al sy op- en afdraandes, oomblikke van opgewondenheid en tye van onsekerheid, het alles uiteindelik saamgekom in die mooiste dag van ons lewens.
Met groot opwinding het ons die warmste dag in Nature’s Valley aangedurf. Die oggend het rustig begin, met ’n sagte kalmte in die lug – asof die dag self geweet het hoe spesiaal dit sou wees. Ondanks die hitte was daar net vrede, liefde en dankbaarheid in ons harte.
Omring deur die beste vriende en familie, en met ongelooflike organiseerders aan ons sy, het alles perfek uitgewerk by die mooiste plek om te trou – Kurland. Elke detail het ’n storie vertel en elke persoon het ’n bydra gelewer. Van die pragtige handgemaakte krale-rok tot die groen- en wit-geïnspireerde blomme en die outydse dekor, kreatief saamgestel deur die talentvolle DP Ferreira van EcoZest, het alles ons visie en liefde weerspieël.
Dit was ’n dag gevul met lag, trane van vreugde, egte oomblikke en opregte liefde – ’n viering van ons reis saam en die begin van ons huwelik. ’n Dag wat ons harte vol gemaak het en wat ons vir altyd sal koester.
Diensverskaffers:
- Blomme: EcoZest
- Bruidegom-pak: Tailor Man Suits
- Dekor: EcoZest
- Fotograaf: Jane Ulla
- Grimering: Makeup By Sylv (Sylvia Visagie)
- Hare: Makeup By Sylv (Sylvia Visagie)
- Huurdienste: Events & Tents
- Huweliksbevestiger: Ian Nell
- Juweliersware: Jimnojean
- Trouring: Dear Rae
- Troukoek: Glenda’s (Glenda Lederle)
- Koördineerder: EcoZest
- Musiek: One Two Sound Solutions
- Platejoggie: One Two Sound Solutions
- Skoene: Mango
- Skryfbehoeftes: Kila and Koo Design Studio
- Strooimeisie-rokke: Milca Design Studio
- Trourok: Chanelle Cindy
- Venue: Kurland Estate
- Paartjie se verblyf: Kurland – The Villa
- Vermaak: Jacob Swann
- Videograaf: Consuming Fire Weddings
- Huwelik kontrak: Anders Incorporated
- Wittebrood plek: Buff&Fellow

