Ruan & Hané Allers

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25056


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      11 Januarie 2025 het aangebreek en ons het in styl reg gemaak vir ons groot dag. My wit rok hang in afwagting met die donker wolke wat saamdrom in die agtergrond. Net voordat ek en my bruidsmeisies wou vertrek na die kerk, maak die hemele oop en God seën ons met reën. Ek onthou ek het gehoor hoe ons drywer van Lunikhy vra dat iemand al die handdoeke in die honeymoon sweet bring, en daar gooi hulle dit op die grond! Ons almal het gelag, want daar stap ek met my wit rok op n tapyt van wit handoeke oppad om die liefde van my lewe te trou.

      Toe die kerkdeure oopgaan was my oë net op Ruan, ek kon voel dat alles perfek was. Ons kleurskema was beige en bruin en die enigste kleur was die groen van die nat bosveld wat soos n portret hang agter die kansel.

      Canapés was na die afloop van die kerkdiens bo op die kapel se dak. Gelukkig het die reën ons kans gegee om die uitsig en buitelug saam met ons gaste te geniet.

      Ons onthaal kan beskryf word as ʼn kersligete saam met familie, en vriende wat voel soos familie onder ʼn tent na aan ons Skepper. Dit was ʼn gevoel van warmte en liefde en eenheid. Die tafels se decor hou noue verband met ons gaste en ons innerlike gevoel teenoor elkeen van die spesiale mense. Die sout op ons tafels was simbolies vir suiwerheid, ewigdurendheid ,lojaliteit gasvryheid en die preservering van die bande gevorm. Die manier van die bediening van die kos was ook na aan my en Ruan se harte, dit was belangrik vir ons dat die kos bedien moes word soos wat ons by ons ouerhuise doen ,die neersit van kos gemaak met liefde die aangee van bakke oor en weer wat ‘deel’ en ‘uitreik na mekaar’ simboliseer.

      Ons gaste het die gees gebring toe die dansvloer geopen word en ons DJ het seker gemaak dat elke oom, tannie, ouma, oupa , kind en paartjie die nag om gedans het.

      ons nat bosveld bruilof
      Vir Altyd Allers

      Diensverskaffers:

      • Blomme: A Seed To Sow
      • Bruidegom-Pak: Cavalier
      • Dekor: Kilaandkoodesign
      • Fotograaf: The Harvest Times
      • Grimering: Roseserene Bridal Artistry
      • Hare: Studio H
      • Huweliksbevestiger: Ds Willem Saur
      • Juweliersware: Theia Jewellery
      • Trouring: Theia Jewellery
      • Troukoek: Honey Bee Baker
      • Koördineerder: Lunikhy
      • Musiek: Xtreme Promotions Sound And Lighting
      • Platejoggie: Jandré
      • Skoene: Aldo
      • Skryfbehoeftes: Kilaandkoodesign
      • Strooimeisie-Rokke: YDE
      • Trourok: Vonvé
      • Venue: Lunikhy
      • Paartjie Se Verblyf: Lunikhy Honeymoon Sweet
      • Vervoer: Privaat
      • Videograaf: Lovoglio
      • Huwelik Kontrak: André van Zyl Attorneys
      • Wittebrood Plek: Shandrani Mauritius