Ruan & Marizane Gagiano

STORIE:


Ek en my nou man, Ruan is nog altyd eenvoudige mense. My ouers se plaas op die vaalrivier is ons tweede huis en waar ons die meeste tyd spandeer. Dit was vir ons ‘n groot voorreg toe my pa voorstel dat ons in die stoor trou. My pa het sy hele stoor leeg gedra vir ons troue en ‘n land kosmos geplant vir die kerk diens. My ma en haar vriendinne het seker gemaak dat ek die pinterest troue van my drome gehad het. Ek sal verewig dankbaar wees vir al die vriende en familie wat kom help het stoor opmaak. Dis ‘n week wat ons altyd sal koester. Ongeag al die reën het ons die beste van ‘n slegte saak gemaak. Die reën het egter vir groot sports gesorg. Al die verkaffers waarmee ons gewerk het, se diens was uit die boonste rakke. Jolache couture se Jolandi het gesorg dat elke afpraak spesiaal was vir my. Grant en sy vrou, Angie van Grant Betts Photography het ‘n spesiale plek in ons hart gekry. Hulle het ons so vinnig gemaklik laat voel agter die lens. Hulle is waarlik ongelooflike mense. Almal warmee ons gewerk het en te doen gehad het was so behulpsaam.
Ek en Ruan sal altyd ‘n geseende huwelike hê, te danke aan al die reën, ons hemelse vader se genade en al die spesiale mense in ons lewe se hulp.


    STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


    Stemme maak teen 7 Maart 2026 oop.  Klik hier om op te teken om 'n herinnering per e-pos te ontvang wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2025 oop maak.

    Diensverskaffers:

    • Blomme: Familie
    • Bruidegom-pak: Woolworths
    • Dekor: Familie
    • Fotograaf: Grant Betts Photography
    • Gaste Geskenke: Oh my fudge that’s good
    • Grimering: Everything by Ane
    • Hare: A little off the top
    • Huurdienste: Multi styl trou en funksedekor potchefstroom
    • Huweliksbevestiger: Ds Johan Gericke
    • Juweliersware: Eden and co
    • Trouring: NWJ Jewelers
    • Troukoek: Familie
    • Musiek: Rentertainment
    • Skoene: Charming Shoes Sa
    • Skryfbehoeftes: Familie
    • Trourok: Familie
    • Venue: Plaas stoor
    • Paartjie se verblyf: Sunnyside River Lodge
    • Vermaak: Potchefstroom lawm games
    • Huwelik kontrak: Kock & van Staden
    • Wittebrood plek: Ballito