Schani & Riaan Schmulian

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25109


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ek wil graag begin deur almal die storie te vertel van hoe ons ontmoet het want ek voel dat daar verseker groter magte betrokke was in hierdie liefdesverhaal. So ongeveer 2 jaar terug is het ek teruggetrek Kaap toe na 5 jaar se werk in Sandton. Ek kon skaars my voete vind toe is my ma besig om vir my blind dates op te set. Ek vra toe dat ek net kans kry om in te settle voor ek nou my pasmaak moet soek. My ma se toe dis reg maar ek moet net weet dat ek SAL ʼn plus 1 moet bring na my suster se troue toe wat toe onlangs verloof geraak het en dat dit nie op was vir verdere bespreking nie.

      Die storie word toe vertel aan my ma se naeltegnikus Michaela wat toe dadelik sê dat sy die perfekte meisie vir my ken en haar toe sommer dadelik whatsapp om te vra of sy na ʼn troue toe sal gaan saam hierdie kliënt van haar se seun nie. Schani wie op daardie stadium na ʼn klompie jare in die Kaap reeds in haar kop op pad was terug Bothaville toe en net oe gehad het vir Vrystaat boere se toe sommer vinnig dat sy bereid sal wees om te gaan aangesien sy nie dit sien as ʼn date nie maar bloot as ʼn geleentheid om bietjie te dans. Sy kyk toe op sosiale media wie die seun is en besef toe dat ons eintlik al ʼn jaar tevore vlugtig by ʼn braai ontmoet het toe ek onder in die Kaap was vir ʼn troue.

      My ma vertel my toe van die gebeure toe en sê “Ek weet jy stel nie belang dat ek jou opset op blind dates nie, maar die meisie se sy ken jou reeds.” Ek is toe nou natuurlik baie nuuskierig om te sien wie die meisie is en erken toe haar ook van haar foto af. Op daardie stadium was die troue nog baie ver weg, so ek het nie te gedruk gevoel om nou dadelik iets daaromtrent moet doen nie..Na ʼn dag of twee kry ek net hierdie gevoel in my hart dat ek hierdie meisie moet kontak en stuur toe vir haar ʼn DM op Instagram “Hi hoe gaan dit nog? Lanklaas gesien”. Ons beide weet natuurlik wat agter die skerms gebeur het maar daar begin ons toe gesels en kort voor lank is ons eerste ontmoeting opgeset.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Nicci Campbell team
      • Bruidegom-pak: Khaliques
      • Dekor: Nicci Campbell
      • Fotograaf: Mandy Stander
      • Grimering: Louis Fritz
      • Hare: Armon
      • Huweliksbevestiger: Ds. Lionel Hutton
      • Juweliersware: Jade, Stellenbosch
      • Trouring: Daneel diamonds & Browns
      • Troukoek: Kelly Jayne’s
      • Koördineerder: Nicci Campbell
      • Musiek: Brent Groen
      • Platejoggie: Brent Groen
      • Skryfbehoeftes: Minute Man
      • Strooimeisie-rokke: Lara Louise Designs
      • Trourok: Charlotte Francine
      • Venue: Ground, the Venue
      • Paartjie se verblyf: Ground, the Venue
      • Vermaak: Kirstin Walters
      • Vervoer: Self
      • Videograaf: Genesiswedfilms
      • Wittebrood plek: Maldives & Camp George (Klaserie)