Stephan & Mia Smit

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25101


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ons trou verhaal het in April begin toe ons verloof geraak het. Van die begin af het ek geweet: ek wil in die winter trou. En omdat liefde nie vir kalenders wag nie, het ons besluit om nie nog ’n jaar te wag nie, maar om binne vier maande ons “vir altyd” te kies.

      Daar was oomblikke waar alles onmoontlik gevoel het — min tyd, geen spasie om te spaar nie, en baie vrae. Maar met die Here se voorsiening, en familie en vriende wat hul harte oopgemaak het, het alles in plek geval. En so het ons ’n dag beleef mooier as wat ons ooit kon beplan.

      Dit was ’n DIY-troue, gemaak met hande, harte en hoop. Ons décor is self geskep, en dit wat ons nie self kon maak nie het ons op SHEIN gekoop. My rok was eenvoudig en stylvol — ’n rok waarna ek eendag sal terugkyk en weet: al verander modes, hierdie rok sal altyd my gunsteling bly. Die kleredrag was formeel; die gaste se kleure was enigiets behalwe swart, en daarom het ons ouers en die bridal party swart gedra — tydloos, rustig, betekenisvol.

      Ek het my eie grimering gedoen en, nes die rok, het ek besluit om my hare ook eenvoudig te hou. Ané het haarself oortref — ek was meer as gelukkig met hoe sy my hare gedoen het. Twee maande voor die groot dag het ek en Stephan danslesse geneem; ons wou voorbereid wees. Op die dag self het ons net die begin van die dans onthou… en dalk was dit genoeg, want die res is herinneringe.

      Die aand voor die troue het familie saamgespan om die saal mooi te maak. Lag, hande wat help, en liefde wat sigbaar word in die klein dinge.

      Net voor Franschhoek, op ’n sonnige winterdag, in ’n klein sinkdak-kerkie vol lig en liefde, het ons ons beloftes aan mekaar afgelê. Met al ons hartsmense rondom ons, het ons ons nuwe reis begin — hand aan hand, as Mnr. en Mev. Smit.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Cool Flowers
      • Bruidegom-pak: Romans
      • Dekor: Self gedoen
      • Fotograaf: Wildlief Photography
      • Grimering: Mia’s Make-Up
      • Hare: Ané – Hashtag Hair
      • Huweliksbevestiger: Lenrou – Doxa Deo Langeberg
      • Troukoek: Enelga Janse van Rensburg
      • Platejoggie: DJ John the Frank
      • Skoene: SHEIN
      • Strooimeisie-rokke: YDE
      • Trourok: Bella Donna Bridal
      • Venue: Simondium Country Lodge
      • Paartjie se verblyf: Simondium Country Lodge
      • Videograaf: Boland Weddings
      • Wittebrood plek: Tuinroete