STORIE:
Op 15 en 16 was ons Eerste Liefdes. Daardie lentedag in Ermelo toe ek en hy mekaar gevind het, ‘n volle 30 jaar terug, het die Here ons siele laat maats word. Hy het toé reeds geweet wat Hy vir ons beplan. Maar so het die lewe gebeur en moes ons onsself gaan vind en gaan opbou – weg van mekaar. Tyd, vinnige besluite, struikelblokke, die mooi en lelik van die lewe, het hulle bes probeer om ons so lank as moontlik van mekaar af weg te hou – en het daarin geslaag – maar slegs vir ‘n tydperk van 30 jaar. Geen kontak, geen uitreike, net hoop en verlange. So was die afsluiting van ons afsonderlike paaie, die nuwe begin en tweede kanse wat diep in die Here se plan vir ons bewaar was.
En op die regte tyd, nét Pappa God se tyd – het Hy ons Wonderbaarlik weer in mekaar se oë laat kyk. Op daardie herfsdag in Maart 2023, het ons mekaar vir die eerste keer weer gesien… en dit was asof daar geen tyd verloop het nie. Ons sielskonneksie was sterker, dieper gevorm deur ons eie stories weg van mekaar. Die Here het ons harte vir mekaar bewaar. Hy het ons weer bymekaargebring om ware liefde en omgee te kan ervaar soos wat Hy die liefde bestem het om te wees. Ons troudag was gevul met hartsmense en tonne liefdesoomblikke. Dit was so persoonlik en intiem en opreg. Alles voorafgegaan met harde werk deur almal wat vir ons lief en dierbaar is. Ons het soveel pret gehad met die beplanning, reëlings en die finale uitvoering, maar niks kon ons voorberei vir die absolute perfeksie wat almal op daardie dag ervaar het nie. Die liefde was tasbaar en sal ons almal vir die res van ons lewens bybly. Alles omdat dit van die begin af die Here se plan was vir ons lewens.
Ons lewe elke oomblik in dankbaarheid teenoor Hom vir “New beginnings”, “Tweede kanse” en “Perfect well-being.” Dit is wat God vir ons wil hê – Life in ABUNDANCE.
Diensverskaffers:
- Blomme: Fran’s Flowers (bruid se vriendin)
- Bruidegom-pak: Woolworths & Truworths
- Dekor: Bruidspaar
- Fotograaf: Magic Photography (bruidspaar vriende)
- Gaste Geskenke: Self (koekies gebak)
- Grimering: Doreen Pelser (bruid se vriendin)
- Hare: Evé van Aardt (bruid se vriendin)
- Huurdienste: All-in-One Party Hire
- Huweliksbevestiger: Pastoor Clarence Roux
- Juweliersware: Self
- Trouring: Fellas Jewelers
- Troukoek: Esthelle Ackerman (vriendin)
- Koördineerder: Rensché van Wyk (bruid se bestie)
- Musiek: Ruan du Plessis (bruid se broer)
- Platejoggie: Ruan du Plessis (bruid se broer)
- Skoene: Woolworths
- Skryfbehoeftes: Bruidspaar
- Strooimeisie-rokke: Adri du Plessis (bruid se ma)
- Tente: Bethlehem Akademie
- Trourok: Adri du Plessis (bruid se ma)
- Venue: Bethlehem Akademie
- Paartjie se verblyf: Sweet Dreams Guest House
- Vermaak: Geen
- Vervoer: Heinrich Kleinschmidt (bruidspaar vriend)
- Videograaf: Geen
- Huwelik kontrak: John Human (bruidspaar vriend)
- Wittebrood plek: Pecanwood Estate

