STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25160
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Terwyl ons onder die ou populierbome staan, met sonlig wat deur die blare sif en Tiaan se oom wat die seën oor ons uitspreek, het ek na Tiaan gekyk en gevoel hoe die wêreld stil word. Nie net nóg ’n dag nie, maar die begin van die res van ons lewens.
Ons het gedroom van ’n troue geïnspireer deur die romantiek van ’n Italiaanse villa: welige groenigheid, tafels swaar van kos, en lag wat tot laatnag weerklink. ’n Viering waar familie eerste kom, en nie net ‘n gebeurtenis wat in ’n paar gejaagde ure ingeprop word nie, maar ’n saamwees wat oor ’n hele naweek ontvou. Dit het ons verwagting oortref met ’n Vrydagaand-braai vol afwagting, ’n seremonie geanker in betekenis, ’n onthaal bruisend van vreugde, en ’n rustige Sondagoggend met lang afskeide. Dit was ongelooflik spesiaal met familie en vriende wat ver gereis het om óns te vier (broer en skoonsuster uit UK; familie uit Namibië ). Te danke aan Delsma se asemrowende skoonheid en voortreflike kos, is ons elegante droomtroue verwesenlik.
Ons wou skoonheid sonder oordadigheid hê. Daarom het ek en my ma as formidabele span elke klein detail self bymekaar gesit. Gewapen met ’n visie-bord, my skoonma, familielede, bridesmaids en groomsmen, het ons elke skakering van groen, elke blom en elke weldeurdagte element bymekaar gesit tot die prentjie volledig was. Ons het selfs die troukoek gebak, wat deur pure genade heel by Delsma aangekom het. Die betowering was in die klein detail en ons “village” wat dit tot lewe gebring het.
Een van ons gunsteling oomblikke was die aand vooraf, toe ons kaalvoet op die gras ons dans geoefen het terwyl ons families die braai geniet het. Onder die sterre, op die drumpel van vir-altyd, kon ons vir ’n oomblik stilstaan en die grootsheid van alles inneem. Die dag self was ‘n sprokiesverhaal waaroor ons steeds ‘n traan pink wanneer ons die foto’s kyk. Dit was nooit oor luuksheid nie, maar oor bedoeling. Ons troue was presies wat ons wou hê, ‘n dag gewortel in liefde, gemeenskap en betekenis.
Diensverskaffers:
- Blomme: Hanlie van Zyl & Sonja Myburgh
- Bruidegom-pak: Privaat klein besigheid
- Dekor: Functions & Events Decor Hiring & Delsma
- Fotograaf: Charl Kemp Photography
- Gaste Geskenke: Privaat klein besigheid
- Grimering: Martie Olivier Make-up Artist & Hair Stylist/ Beauty by Maggie
- Hare: Martie Olivier Make-up Artist & Hair Stylist/ Beauty by Maggie
- Huweliksbevestiger: Albertus van Zyl
- Juweliersware: Something old
- Trouring: Jané Schoeman Jewelery
- Troukoek: Self gebak (Suzanne & Sonja Myburgh)
- Koördineerder: Ma van die bruid (Sonja Myburgh)
- Musiek: Abraham Smit
- Platejoggie: DJ Abraham
- Skoene: Something borrowed
- Skryfbehoeftes: Papierkat
- Strooimeisie-rokke: Lilly Design Studio
- Trourok: Fynbos Bridal
- Venue: Delsma Wedding Venue
- Paartjie se verblyf: Delsma
- Vermaak: My Pretty Vintage/ Kloppers Familie
- Videograaf: Charl & Roxy Kemp Photography
- Huwelik kontrak: Morkel & Cilliers Attorneys
- Wittebrood plek: Mont Rouge Tulbach

