TJ & Zane Van Eeden

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25143


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Ons troue was vir ons meer as net ’n dag, dit was ’n viering van wie ons is, waar ons vandaan kom, en die liefde wat ons saam dra.

      Van die begin af het ons geweet ons wil nie in ’n tipiese venue trou nie. Ons wou êrens wees waar die wêreld stiller raak, waar die wind deur die kremetartbome fluister… waar Afrika se siel gevoel kan word. Tshipise en die omliggende bosveld is diep ingebed in ons storie. TJ het daar in die omgewing gewoon toe ons mekaar ontmoet het, en dit het altyd soos ’n simboliese tuiste vir ons liefde gevoel. Ons het dus besluit om ons groot dag self op ’n plaas naby Musina te skep, rou, eg, natuurlik en eerlik.

      Onder ’n groot kremetartboom het ons ons beloftes aan mekaar gemaak, en tussen twee ander groot kremetart bome het ons feesgevier saam met die mense wat ons die liefste is. As trotse Suid-Afrikaners en groot Afrika-liefhebbers was dit vir ons belangrik dat musiek, dekor en atmosfeer die hart en siel van Afrika weerspieël. Ons het elke detail self beplan.

      TJ het weke lank gewerk om die venue skoon te maak, ligte op te hang en pale te plant, met liefde en toewyding, vir ons dag. My trourok van Bridal Wardrobe het onmiddellik vir my gevoel soos “ek”. Die sagte wit blomdetail het pragtig saamgespeel met die wit dierkop-elemente wat ons self gemaak het, ’n unieke kombinasie van natuur en kuns. TJ se troupak was ’n maklike keuse, die diep groen het perfek ingeskakel by die veldtonele. Ons het die groomsmen in ligter kleure geklee sodat TJ natuurlik kon uitstaan.

      Danny Smoke se optrede het die aand gevul met musiek, lag en vreugde. Onder ’n volmaan, met die bos as ons kapel en sterre as ons dak, het dit gevoel asof tyd vir ’n oomblik stilgestaan het.

      Ons troukar was TJ se oupagrootjie se Plymouth, ’n erfstuk wat al sedert die 1800’s in die familie is, iets wat vir ons ’n groot eer en hoogtepunt was.Ons biltongtafel en die gin- en brandewyn-tuktuk-bar het warmte en spontane pret gebring terwyl ons foto’s geneem is.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Silverstar Function Hiring
      • Dekor: Silverstar Function Hiring
      • Fotograaf: Elsabe Potgieter
      • Gaste Geskenke: Self
      • Grimering: Blushing Arts Makeup
      • Hare: LoeRaine Labuschagne
      • Huweliksbevestiger: Jan Pretoruis
      • Juweliersware: Swarofski
      • Troukoek: Karens Katering
      • Koördineerder: Self
      • Musiek: DJ KVD
      • Platejoggie: DJ KVD
      • Skoene: Bridal Wardrobe
      • Skryfbehoeftes: Wildflower Media
      • Strooimeisie-rokke: Shein
      • Trourok: Bridal Wardrobe
      • Venue: Hemelgrond, Tshipise, Limpopo
      • Paartjie se verblyf: Maswiri Hayoma Lodge
      • Vermaak: Danny Smoke
      • Vervoer: 1800’s Plymouth
      • Videograaf: Willie
      • Huwelik kontrak: Zander Goedhals
      • Wittebrood plek: Croatia