Wian & Ilzé Calitz

STORIE:


Ons Troustorie
Ilze & Wian | 4 Oktober 2025, Mosambiek

Ons troue was op 4 Oktober 2025 aan die pragtige kus van Mosambiek, ’n droom wat vir ons werklikheid geword het. Die beplanning was groot en intens, want ons het letterlik elke detail self gedoen…van messe en vurke tot opskepbakke. Weke voor die tyd het ons al die goedjies sorgvuldig in kratte gepak en met ’n trok na my pa gestuur, sodat alles betyds daar kon wees.
My rok het ek by Cocolace in Benoni gekry dit is ’n tydlose stuk waarvan ek van die eerste pas verlief geraak het. Wian se pak het ons uiteindelik by Markhams op 99 gekies, toe ons besluit dat eenvoud en styl beter pas by die rustige strandatmosfeer as die oorspronklike idee.
Wat ons dag so besonders gemaak het, was die manier waarop ons dit beplan het om werklik teenwoordig te wees. Baie mense sê jy ervaar jou eie troue amper van buite af…dis só besig, só vol dat jy nie tyd kry om alles in te neem nie. Ons het doelbewus plan gemaak om dit anders te doen.
Ons het op 20 September ’n groot voor-troufees gehou by Shades of Gold venue… ’n ongelooflike aand waar al ons vriende en familie saam gevier het. Dit het beteken dat ons tydens ons seremonie in Mosambiek net saam met ons ouers, fotograwe en make-up kunstenaar was.
Daardie keuse het ons toegelaat om regtig elke oomblik in te neem…om asem te haal, te lag, en regtig te besef wat gebeur. Ek kon stadig oor die strand stap, afkyk na my rok en net besef hoe mooi dit alles saamgekom het. Ons het sjampanje gedrink op die sand, hand aan hand, sonder enige gejaag…net ons twee, in ons mooiste klere, vol vrede en dankbaarheid.
Ons troue was eenvoudig, intiem en eg…presies soos ons liefde.


    STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


    Stemme maak teen 7 Maart 2026 oop.  Klik hier om op te teken om 'n herinnering per e-pos te ontvang wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2025 oop maak.

    Diensverskaffers:

    • Blomme: @home
    • Bruidegom-pak: Markhams
    • Dekor: @home/shein
    • Fotograaf: WJV weddings
    • Grimering: Platinum Beauty Salon-Katy Brooks
    • Hare: Platinum Beauty Salon-Katy Brooks
    • Huurdienste: Daghata Resort – Canda Island – Mozambique
    • Huweliksbevestiger: My pa, Drikus Burr-Dixon
    • Juweliersware: American Swiss
    • Trouring: American Swiss
    • Troukoek: Skoonma – Rina Calitz
    • Musiek: Apple Music
    • Skoene: H&M
    • Trourok: CocoLace
    • Venue: Daghata Resort – Canda Island – Mozambique
    • Paartjie se verblyf: Daghata Resort – Canda Island – Mozambique
    • Vervoer: Land Rover
    • Videograaf: WJV weddings