Wicardo & Monique Visser

STORIE:


Ons was saam op skool, maar soos die lewe wou hê, het ons paaie destyds nie gekruis nie – ons was nie in dieselfde kringe nie. Maar 8 jaar ná matriek het iets onverwags gebeur: ’n boodskap op Facebook. ’n Vriendskap het stadig begin blom, sonder enige vooruitsigte… tot daardie een onverwagse soen. En toe – was dit “geskiedenis”.

Na ’n jaar van liefde, lag en groei het ons ’n naweek wegbreek gehad na Saamrus Gasteplaas, in die hartjie van die winter. Die koue het niks beteken nie, want daardie dag het my hart warm geklop: hy het op sy knie gegaan met die mees unieke sout-en-peper diamant ring. Ek het eers gedink dis ’n vuil ring – maar dit was perfek vir ons: onkonvensioneel, anders, en met karakter. Net soos ons.

Ons het op 30 April 2025 by die beeldskone Avianto in Muldersdrift getrou, omring deur ons naaste familie en vriende. Wat dit besonders gemaak het, was nie net die atmosfeer nie, maar die wete dat ons geloof die fondament van ons huwelik is. Ons het nie net ’n fees gevier nie – ons het ’n verbond gemaak, een wat ons daagliks eer.

Ons liefde is gebou op vriendskap, geloof, en ’n diep verbintenis. Ons weet die lewe is nie altyd maklik nie, maar met mekaar aan ons sy is niks onmoontlik nie.


    STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


    Stemme maak teen 7 Maart 2026 oop.  Klik hier om op te teken om 'n herinnering per e-pos te ontvang wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2025 oop maak.

    Diensverskaffers:

    • Blomme: Hada Events
    • Bruidegom-pak: Your Pal Brooklyn mall
    • Dekor: Hada Events
    • Fotograaf: Michael Tree Photography
    • Grimering: Marize Uys Artistry
    • Hare: Thalita Lange Salon Carine
    • Huweliksbevestiger: Martin Hannekom
    • Trouring: Ronel
    • Troukoek: Febe Ebersohn
    • Musiek: Cream Cheese DJ’s
    • Trourok: Bridal Wardrobe Melrose arch
    • Venue: Avianto Muldersdrift
    • Videograaf: Vidtograpy