STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25140
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons troubeplanning was van dag een af ’n mengsel van opwinding, bietjie budget-stres en natuurlik ’n absolute fees vol lag, liefde en groot drome. Elke besluit – van die kleinste detail tot die groot oomblikke – is met soveel sorg (en entoesiasme!) geneem, want ons wou hê ons troudag moes ’n ware weerspieëling wees van wie ons is: vrolik, stylvol, vol vreugde en propvol gees.
My trourok was ’n droom wat letterlik lewe gekry het – ’n rok wat elegant, selfversekerd en 100% ek was – ’n plain-jane stadsjapie wat vir een dag gevoel het soos absolute koninklike. Die rok het naatloos gepas by die gevoel van die dag. Die troupak het net soveel karakter gehad: klassiek met ’n moderne aanslag, stylvol afgerond en perfek afgestem op ons troue. Saam het ons gevoel soos ’n span wat gereed is om die wêreld aan te pak… en soos beste pêlle wat nou wettiglik ’n skelm soen kan deel.
Ons venue was eenvoudig asemrowend– ’n plek wat onmiddellik gevoel het soos ons plek. Die atmosfeer, natuurskoon en energie het die perfekte agtergrond geskep vir ’n dag vol emosie en groot, vrolike feesviering. Die dekor was doelbewus gekies: kleurvol, romanties en deurdrenk met persoonlike detail wat ons storie vertel. Elke blom, liggie en tafel was deel van ’n groter prentjie waar albei ons wenslysies op ’n moeiteloos-mooi manier afgetik is.
Wat ons troue werklik besonders gemaak het, was dat dit ń naweek byeenkoms was, asook die warm, gelukkige gevoel – en natuurlik die onvergeetlike oomblikke soos die strooijonkers en bruidegom se ikoniese Faffie-onderbroeke! Dit was ’n dag waar ons gewens het tyd kon net vir ’n rukkie stil staan; waar elke oomblik deurtrek was van oneindige liefde, onbeheerde lag en opregte geluk – vol energie, warmte en ongelooflike pret. Ons troue was nie net ’n viering van ’n verbintenis nie, maar ’n viering van liefde, styl, saamwees, beste pelle en nuwe beginne. ’n Dag wat ons vir altyd sal koester – beslis ons gunsteling naweek sover.
Diensverskaffers:
- Blomme: Flowerbox – Susan
- Bruidegom-pak: Woolworths
- Dekor: Flowerbox – Susan
- Fotograaf: Ballantyne Wedding Photographer
- Gaste Geskenke: Geldjie in die sak, is beter as ‘n geskenkie op die rak.
- Grimering: Meraki – Liesa
- Hare: Divine Hair Dynasty Salon
- Huurdienste: Boh’Vita Hire
- Huweliksbevestiger: Ds. Jurgens De Jager
- Juweliersware: Lovisa
- Trouring: Anaia Jewellery
- Troukoek: Country Flowers – Salome
- Koördineerder: Eie
- Musiek: Life or Death – Declan Donovan
- Platejoggie: 4 Seasons Mobile Disco
- Skoene: Forever New
- Skryfbehoeftes: My Darling Studio
- Strooimeisie-rokke: Novia Atelier
- Trourok: Lily Belle Bridal Boutique
- Venue: Florence Guest Farm & Wedding Venue
- Paartjie se verblyf: Florence Guest Farm & Wedding Venue
- Vermaak: Softlight Events
- Vervoer: Eie Volla
- Videograaf: Ballantyne Wedding Photographer
- Huwelik kontrak: Ds. Jurgens De Jager
- Wittebrood plek: Dullstroom

