STEM | VOTE
VERWYSING | REFERENCE:
TVJ25118
Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.
R 1 = 1 STEM/VOTE
STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE
|
Bepalings en Voorwaardes Geld. |
Terms and Conditions Apply. |
STORIE:
Ons is Zander en Charelle. Ons troue was op 9 Augustus 2025 in Tierpoort by Imperfect Perfection. Dit is ’n plek waar alles net gepas het, selfs wanneer dit gevoel het asof dit nie moes nie. Wat dit vir ons besonders maak, is hoe sterk ons die teenwoordigheid van die Heilige Gees daar ervaar het. Dit het gevoel asof die Here elke tree gelei het en elke deur op die regte tyd oopgemaak het.
Ons seremonie was in ’n buitekapel tussen die bome. Voor jy by die altaar kom, stap jy deur deure met wit gordyne. Dit was ’n sagte en betekenisvolle oomblik. Om 14:45 het Bridgerton se instrumentale musiek die lug gevul en ’n tydlose atmosfeer geskep.
Ons kleure was Mauve, Dusty Rose en Burgundy met ’n rustic tema. Imperfect Perfection het ons idees in iets selfs mooier omskep. Daar was feëliggies in bottels op die tafels en feëliggies bo ons koppe. Die blomme het gevloei van uitgedroogde blare tot Cappuccino Rose.
My rok was ’n storie op sy eie. By Veil Bridal Boutique het ek baie rokke gepas, maar twee het uitgestaan. By elkeen was daar net ’n klein ietsie wat my laat twyfel het. Twee maande later het ek ’n afspraak by Lizan Zondagh Couture gemaak en toe gebeur die magie. Ons het die twee rokke gemeng. Die eindresultaat was ’n mermaid styl rok met ’n bootnek, ’n oop rug, geen moue en ’n sleep so lank as moontlik. Die kant was besonders met ’n afronding van Swarovski detail. Zander het ’n burgundy pak gedra met ’n tikkie pers skynsel. Sy das het by die strooimeisies gepas en hy het sjokoladebruin skoene en ’n belt gedra.
Wat ons storie spesiaal maak, is die eenvoudige waarheid dat ons kan sien hoe die Here ons gelei het. Van die dag wat ons ontmoet het tot by ons troue het Hy elke detail op die regte tyd laat inmekaarval.
Stem vir ons as jy glo ’n troue gaan oor méér as net mooi dinge. Dit gaan oor geloof, betekenis, detail en ’n atmosfeer wat jy kan voel. Ons troue is die bewys dat “imperfect” soms presies is waar perfeksie gebeur.
Diensverskaffers:
- Blomme: La Lo Na Floral(Imperfect Perfection)
- Bruidegom-pak: Tip Top Tailor
- Dekor: La Lo Na Floral(Imperfect Perfection)
- Fotograaf: Legendz Media
- Gaste Geskenke: Mint To Be
- Grimering: Maryke Verster Make-up Artistry
- Hare: X-Static Hair
- Huweliksbevestiger: Ds D Klopper
- Juweliersware: Lovisa
- Trouring: Ogilvie Gems & Touchwood
- Troukoek: Cake Haven
- Koördineerder: Imperfect Perfection
- Musiek: Sokkie musiek , los dans musiek
- Platejoggie: Showtech DJ
- Skoene: Lamara
- Skryfbehoeftes: Linette
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Lizan Zondagh Couture
- Venue: Imperfect Perfection
- Paartjie se verblyf: Imperfect Perfection
- Vervoer: Isabella Borgard
- Videograaf: Legendz Media
- Huwelik kontrak: Buitegemeenskap
- Wittebrood plek: The Stargazing Cube, Tsitsikamma

