Zein & Celeste Beukes

    STEM | VOTE


    VERWYSING | REFERENCE:

    TVJ25064


    Belangrik: Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
    Important: Use the above reference when voting. No refunds will be done.

    R 1 = 1 STEM/VOTE

    STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.
    VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE

    Bepalings en Voorwaardes Geld.

    Klik hier vir gereelde vrae.
    Vir hulp klik hier om ons te kontak.

    Terms and Conditions Apply.

    Click here for frequently asked questions.
    For assistance, click here to contact us.

      STORIE:


      Van die oomblik wat ons verloof geraak het, het ons geweet dat ons liefdesviering oor ’n hele naweek moes strek. n Geleentheid waarin familie en hartsvriende saam met ons kon deel in die begin van ons huweliksreis.

      Ons het ons troue binne 8 maande gereël met die hulp van ons susters en ma’s – vrouens wat regte staatmakers is en wat ons visie gedeel het vir die troudag “naweek”.

      Troues kan duur wees, maar ten spyte van die koste het ons binne ’n streng begroting gebly en steeds ons droomtroue verwesenlik. Baie van die kleiner goedjies het ons self gedoen en my man moes sy _handyman_-vaardighede uithaal om dit moontlik te maak.

      Ons het tussen die berge op Piket-Bo-berg getrou, ’n venue van besondere skoonheid wat presies vasvang wie ons is en hoe ons kies om te leef — eenvoudig, naby aan die natuur en omring deur mense wat vir ons saak maak.

      Die oggend het vroeg begin dat almal gereed was teen die tyd wat al die formaliteite moes begin.Die oomblik toe ek en my Pa buite die kerk staan het die senuwees ingeskop, maar toe daai kerkdeure oopgegaan het en ek my man gesien het, het dit als verdwyn. Van daai oomblik toe ons oë mekaar gevind het, het dit gevoel asof dit net ons twee is.

      Die res van die dag was onbeskryflik, elke oomblik was spesiale en ons kon dit deel met ons familie en hartsvriende. Dit was ‘n regte sprokiesverhaal wat ons persoonlikhede weerspieël het. ‘n Dag wat ons verewig sal koester in ons harte.

      Diensverskaffers:

      • Blomme: Corlene du Randt
      • Bruidegom-pak: Eurosuit
      • Dekor: Venue – Noupoort
      • Fotograaf: 25 Weddings
      • Gaste Geskenke: Tuisgemaak
      • Grimering: Roxanne Kotzé Professional Makeup
      • Hare: Roxanne Kotzé Professional Makeup
      • Huurdienste: Geen
      • Huweliksbevestiger: Theo Renolds
      • Trouring: Viljoen Juweliers
      • Troukoek: Selfgemaak
      • Koördineerder: Bruid
      • Musiek: Venue
      • Platejoggie: Venue
      • Skoene: Shoe city
      • Venue: Noupoort Mountain Accommodation, Wedding and Conference Estate
      • Paartjie se verblyf: Op die venue
      • Videograaf: 25 Weddings
      • Huwelik kontrak: Ebersöhns Attorneys
      • Wittebrood plek: Dikhololo