mFulaWozi Wilderness Private Game Reserve is in die hartjie van Zululand in KwaZulu Natal geleë, net twee en ʼn half uur se ry vanaf Durban, waar dit die tuiste van suster-lodges Biyela en Mthembu is.
Alle suites is sorgvuldig met die hand gebou deur lede van die plaaslike Mthembu- en Biyela Zulu-stamme en het hul eie privaat uitkyk dek waar gaste hulself kan verkyk na die natuur en die ryk geskiedenis van die area.
Die warm en verwelkomende Mthembu Lodge is op die wal van die Wit iMfolozi-rivier geleë, waar dit manjifieke uitsigte bied, kompleet met wild kyk geleenthede vanuit die lodge en sy sewe, luukse een slaapkamer-suites en twee gesins villas. Mthembu Lodge is gemik op die oordeelkundige reisiger en is die perfekte gesin bestemming, wat kinders vanaf die ouderdom van 10 verwelkom en ʼn sensuele, stil en ʼn natuurlike elegante definisie van ruimte bied. Dit kombineer vars innoverende ontwerp en stylvolle Afrika-aanrakings.
Die mFulaWozi Wilderness Private Wildreservaat strek oor 16,000 hektaar ongerepte Afrika-bosveld wat grens aan die Hluluuwe iMfolozi Park, die oudste geproklameerde natuurreservaat in Afrika. Met die val van heinings tussen die parke is dit nou een van die laaste hawens waar groot getalle diere, insluitend die Groot 5, vrylik kan rondloop.
mFulaWozi beywer ʼn volhoubare model vir sosio-ekonomiese ontwikkeling binne die plaaslike gemeenskappe. Die opheffing van hierdie benadeelde gemeenskappe het die gemeenskappe nou in staat gestel om verskeie inisiatiewe te bestuur, wat ʼn veerkragtige ekonomiese omgewing skep. Nie net is dit ʼn bloudruk vir ʼn toekoms waar mense en natuurlewe saam kan leef en floreer nie, maar dit is ook mFulaWozi se nalatenskap om te verbind tot die behoud en bewaring van die Zulu-kultuur.