DIE PRYS

Die prys is ter waarde van R 13,750!

Een van die Troue van die Jaar 2024 se wen paartjies gaan hierdie ongelooflike prys wen, geborg deur EDGE of Eden.

Die prys sluit die volgende in:

  • Vyf (5) nagte se verblyf vir twee (2) mense in die Milkwood eenheid by EDGE of Eden, tydens die middel van die week vanaf Sondag tot Vrydag.
  • Die prys sluit verblyf en 2 sakke hout vir die eerste dag.

Bepalings en Voorwaardes Geld – Rol af om meer hiervan hier onder te lees.

MEER OOR DIE BORG

Besoek EDGE of Eden vir ʼn wegbreek naby die beskawing—perfek vir daardie langverwagte romantiese ontsnapping of welverdiende vakansie. Elke eenheid het ʼn privaat stoep met asemrowende uitsigte en ʼn houtvuur-warmbad vir ʼn ware bederf. Ontsnap, verjong, ontspan…

Verblyf is beskikbaar in ʼn eko-vriendelike, luukse selfsorg-eenheid wat volledig toegerus is, geleë in een van die Tuinroete se mees ongerepte en pragtige liggings wat jou sal oorrompel met natuurskoon.

Kies tussen ʼn luukse eenheid wat tot ses mense kan akkommodeer (met een op ʼn dubbel slaapbank) of ʼn privaat wittebrood-eenheid, ideaal vir twee volwassenes, met die moontlikheid om ʼn ekstra persoon op ʼn dubbel slaapbank te huisves.

ʼn Verblyf by EDGE of Eden is al wat jy nodig het om weer in voeling met jouself te kom en om jou geliefdes in ʼn omgewing van ongeëwenaarde skoonheid te herontdek. Besoek EDGE of Eden vandag nog!

BEPALINGS EN VOORWAARDES

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie bepalings en voorwaardes geld. Klik hier om meer te lees.
  2. Troue van die Jaar 2024 se standaard kompetisie bepalings en voorwaardes geld.  Klik hier om meer te lees.
  3. Die prys sal geldig wees vanaf 1 Augustus 2025 tot 31 Oktober 2026.
  4. Die prys sluit in vyf (5) nagte se verblyf vir twee (2) mense in die Milkwood eenheid by EDGE of Eden, tydens die middel van die week vanaf Sondag tot Vrydag.
  5. Die prys sluit in: Verblyf en 2 sakke hout vir die eerste dag.
  6. Die prys sluit uit: Alle items van persoonlike natuur, alle vervoer, vlugte, etes en drankies, enige ander ekstras wat nie ingesluit is nie.
  7. Hierdie prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
  8. Hierdie prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
  9. Vlugte en vervoerkoste is teen die wenners se eie onkoste.
  10. Die prys kan nie gekombineer word met enige ander promosies of spesiale aanbiedinge wat deur EDGE of Eden aangebied word nie.
  11. EDGE of Eden se Bepalings en Voorwaardes is van toepassing en is op aanvraag direk vanaf EDGE of Eden beskikbaar.
  12. Foto’s is slegs vir voorbeeld doeleindes.  Die prys wat jy mag wen sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  13. Mooi Troues / Troue van die Jaar bemark die prys namens die prys borg en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise, vrae en of om die prys van die borg op te eis nie.