Ek het ingeskryf vir Troue van die Jaar, maar sien nie my troue aanlyn nie.
Wanneer ons julle inskrywing en foto’s ontvang het sal Troue van die Jaar se anonieme beoordelaars elke inskrywing deur gaan om seker te maak dat die troue wel ‘n kans staan om deel te vorm van die Troue van die Jaar inskrywings vir daardie jaar. Die anonieme beoordelaars sal kyk na die gehalte van die foto’s asook die dekor elemente van die troue wat ingeskryf is. Indien die anonieme beoordelaars dink die troue voldoen aan die minimum standaarde dan sal die troue aanlyn verskyn en deel vorm van die Troue van die Jaar kompetisie van die spesifieke jaar. Indien jy nie ‘n e-pos ontvang het met ‘n skakel na jou profiel toe binne 21 dae nie, was jou inskrywing onsuksesvol en sal die inskrywing nie deel vorm van die Troue van die Jaar kompetisie nie. Klik hier om die bepalings en voorwaardes van die kompetisie te lees.
Hoe stem ek?
Ons het drie stem opsies beskikbaar: Yoco, SnapScan of EFT.
Kan paartjies vir hul eie troues stem?
Ja, paartjies kan vir hul eie troue stem.
Hoeveel keer mag ek stem?
Daar is geen limiet nie. Jy kan stem soveel keer soos jy wil.
Moet ek R 1 per keer stem of kan ek meer stem?
Daar is geen beperking op die bedrag waarvoor jy op ‘n gegewe tydstip wil stem nie, jy kan soveel stemme doen soos jy wil.
Watter verwysing moet ek gebruik as ek met Yoco of EFT stem?
Op die paartjie se profiel sal daar ‘n verwysings kode wees wat met TVJ24*** begin. Gebruik die korrekte verwysing soos aangedui op die paartjie se profiel wanneer jy via Yoco of EFT stem. As jy nie die korrekte verwysingsnommer gebruik nie, sal die stemme nie na die korrekte paartjie se profiel toegeken word nie. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Ek het ‘n EFT of Yoco betaling gemaak en die inkorrekte verwysing gebruik. Wat nou?
Stuur ‘n e-pos met jou bewys van betaling en die paartjie name, getroude van en die korrekte verwysing na kontak@trouevandiejaar.co.za.
As ek met SnapScan stem, hoe weet jy watter troue ek voor stem?
Indien jy kies om met SnapScan te stem wanneer op die paartjie se profiel is. As jy die SnapScan knoppie klik op die paartjie se profiel dit maak oop met ‘n QR-kode en dan ook ‘n “payment id” wat sal begin met TVJ24***. Elke paartjie se profiel het ‘n unieke kode wat gekoppel is aan hul profiel en wat gebruik word om stemme te tel.
Hoekom kan ek nie net per SMS stem nie?
Ongelukkig het ons nie ‘n SMS stem stelsel nie. Met moderne tegnologie is daar meer opsies en ons maak gebruik van SnapScan, Yoco en EFT om rekord te hou van die stemme. Dit is ook baie veiliger om sodoende ‘n rekord van die stemme te hou.
Is daar ‘n minimum stem bedrag?
Stemme is R 1 = 1 stem.
- Die minimum stem bedrag vir SnapScan is R1.00
- Die minimum stem bedrag vir Yoco is R2.00.
Hoekom moet ek betaal om te stem?
Daar gaan baie werk in om ‘n kompetisie soos die te hou, daarom is daar ‘n minimale koste van R 1 per stem.
Watter tipe stemme is daar tydens die kompetisie?
Kom ons breek dit op en kyk na die verskillende soorte stemme wat beskikbaar sal wees tydens die stemproses.
Standaard Stemme
- Hierdie is die gewone stemme sonder enige promosies. Dit werk soos volg: R1 = 1 stem.
Promosie Stemme:
- Hierdie stemme is die gewone stemme wat vermenigvuldig word met die promosiekoers wat geld vir ’n spesifieke tydperk. Dit beteken R1 = X aantal stemme. Promosie stemme sal aan deelnemers gekommunikeer word via e-pos sowel as baniere op deelnemende profiele.
Geheime Promosies:
- Om die Troue van die Jaar-kompetisie lekker, opwindend en regverdig vir almal te hou, bied ons soms verrassingspromosies aan. Hierdie promosies gee deelnemers ’n skielike kans om hul stemme te vermeerder en maak die kompetisie sommer nog meer pret! Deelnemers sal nie vooraf van hierdie promosies ingelig word nie — dit gebeur heeltemal onverwags.
.
Wat is die bepalings en voorwaardes van die kompetisie?
Klik hier om die kompetisie bepalings en voorwaardes te lees.
Hoe weet paartjies of iemand vir hul gestem het?
Die paartjie sal weekliks op datum gehou word met ‘n verslag oor hoeveel stemme hulle tot dusver het.
Hierdie verslag word direk na die paartjies gestuur en na niemand anders nie.
Die verslag sal op ‘n Maandag of Dinsdag uitgestuur word.
Hoe sal die wenner bepaal word?
- Dit gaan oor die aantal publieke stemme wat die spesifieke profiel kry.
- Hoe meer mense vir julle troue stem, hoe beter is julle kans.
- As jy dit maak tot in die top 10 is jy baie gelukkig.
- Die top 10 sal ‘n e-pos ontvang soos gestipuleer in ons reëls.
- Die top 10 se stemme sal na hul geldwaardes teruggestel word voordat finale stemming sal voortgaan.
- Die top 3 met die meeste stemme sal die wenners bepaal.
Word die Finale Top 10 se vorige stemme gekanselleer en begin die stemme vir die finale top 10 van voor af?
Nee. Wanneer die Finale Top 10 aangekondig word, sal die stemme van hierdie finaliste herstel word na hul werklike geldwaarde (Rand-waarde).
Wat beteken dit?
- Alle stemme wat voorheen uitgebring is, sal nie verlore gaan nie.
- Die stemme sal eenvoudig omgeskakel word na die geldwaarde van daardie stemme wanneer die stemproses vir die Finale Top 10 begin.
Hoe word die Finale Top 10 bepaal?
- Die totale stemme van deelnemers (insluitend promosionele stemme, indien enige) sal in ag geneem word.
- Dit beteken almal het ‘n kans om in die Finale Top 10 te kom.
Wat gebeur ná die aankondiging van die Finale Top 10?
- Die geldwaarde van elke deelnemer se stemme sal bepaal waar hulle in die rangorde van die Finale Top 10 val, bv. 1ste, 2de, 3de plek, ens.
Daar is spelfoute en grammatika foute op die paartjies se profiel, hoekom?
Troue van die Jaar verander ongelukkig nie die geskrewe van die paartjies se inskrywings nie. Dit word net so aanlyn geplaas soos ons dit ontvang vanaf die paartjies.
Kan ek my troue êrens anders laat publiseer as ek deel neem aan die Troue van die Jaar kompetisie?
Ja, jy is meer as welkom om dit enige plek in te dien vir publikasie. Hierdie is ‘n kompetisie en nie ‘n publikasie nie.
Het julle ‘n hulp video waar ek kan sien hoe ek moet stem?
Ja, sien die video hieronder.