THE TURBINE HOTEL & SPA

PRYS / PRIZE READ IN ENGLISH

DIE PRYS

Die prys is ter warde van R 13 690!

Een van die Top 3 paartjies op Troue van die Jaar 2021 gaan hierdie ongelooflike prys wen, geborg deur The Turbine Boutique Hotel & Spa:

Die prys sluit die volgende in vir die paartjie:

  • ʼn 2 (Twee) nagte verblyf gedurende die middel van die week vir ʼn paartjie wat ʼn standaardkamer in die Turbine Hotel & Spa deel.
  • Hierdie prys sluit ontbyt in vir albei oggende, een driegang-ete en ʼn bottel wyn by Island Café, een uur vol-lyf paartjie massering by die Turbine Spa, en ʼn seevaart met ʼn skemerkelkie en versnaperinge (en ʼn bottel wyn) met Turbine Water Club, plus gebruik van kano’s vir 2 uur.

Bepalings en Bepalings geld – Rol af om meer hiervan hier onder te lees.

MEER OOR DIE BORG

Die 5-ster Turbine Boutique Hotel and Spa is op die Thesen-eilande in Knysna geleë.  Intuïtiewe argitektuur bring hulde aan die ou kragstasie wat dit eens was.  Die akkommodasie bestaan uit 26 kamers – luukse hotelkamers, standaard kamers, ʼn wittebroodsuite en 2 ruim, vrye staande suites langs die hotel. Groepbesprekings is welkom vir troues, klein konferensies en geleenthede.

Die hotel is ook die ligging van die Island Café Restaurant met tafels wat uitkyk op die kanale,  swembaddek of geleë tussen die oorspronklike opgeknapte turbines.  Die Gastro Pub bied klassieke kroegmaaltye met ʼn heerlike kinkel met ʼn sonsondergang uitsig oor die strandmeer.

Die Turbine Spa bied ʼn wye verskeidenheid behandelings vir dagbesoekers, sowel as hotelgaste, en die hotel se eie avontuursentrum, die Turbine Water Club, bied ʼn verskeidenheid water- en landgebaseerde aktiwiteite soos vaarte op die strandmeer,  wandelinge in die woud, stadstoere en fiets verhuring.

TERME EN BEPALINGS

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie terme en bepalings geld. Klik hier om meer te lees.
  2. Troue van die Jaar 2021 se standaard kompetisie terme en bepalings geld.  Klik hier om meer te lees.
  3. Die prys sal gedig wees vanaf Oktober 2022 tot Oktober 2023.
  4. Die prys sluit in ʼn 2 (twee) nagte verblyf gedurende die middel van die week  vir ʼn paartjie wat ʼn standaardkamer in die Turbine Hotel & Spa deel.
  5. Hierdie prys is onderhewig aan beskikbaarheid en sluit ontbyt in vir albei oggende, een driegang-ete en ʼn bottel wyn by Island Café, een uur vol-lyf paartjie massering by die Turbine Spa, en ʼn seevaart met ʼn skemerkelkie en versnaperinge (en ʼn bottel wyn) met Turbine Water Club, plus gebruik van kano’s vir 2 uur.
  6. Die prys sluit uit: Drankies, etes en aktiwiteite wat nie genoem word nie, fooitjies, items van persoonlike aard.
  7. Hierdie prys sluit ook besprekings gedurende die tydperk tussen 15 Desember 2022 en 15 Januarie 2023 uit.  Naweke uitgesluit.
  8. Hierdie prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
  9. Alle drank en alle ander uitgawes word vir die rekening van die wenner in rekening gebring.
  10. Vlugte en vervoerkoste is teen die wenners se eie onkoste.
  11. Die prys kan nie gekombineer word met enige ander promosies of spesiale aanbiedinge wat deur The Turbine Boutique Hotel & Spa aangebied word nie.
  12. Die Turbine Boutique Hotel & Spa se Terme en Bepalings is van toepassing en is op aanvraag direk vanaf The Turbine Boutique Hotel & Spa beskikbaar.
  13. Mooi Troues / Troue van die Jaar bemark die prys namens die prysborg en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise, vrae en of om die prys van die borg op te eis nie.