DIE PRYS

Die prys is ter waarde van R 41,400!

Een van die Troue van die Jaar 2022 wen paartjies gaan hierdie ongelooflike prys wen, geborg deur Kapama Private Game Reserve.

Die prys sluit die volgende in vir die paartjie:

  • Twee (2) nagte se verblyf vir ʼn paartjie wat deel by Kapama River Lodge in ʼn Deluxe Suite.
  • Hierdie prys sluit in akkommodasie, alle maaltye, tee en versnaperinge, alle plaaslike drankies, ʼn verskeidenheid wyne en premium drankies, twee daaglikse safari-aktiwiteite in oop wildritvoertuie, begeleide boswandelings, retoer-oordragte na/van Eastgate-lughawe (HDS) slegs vir geskeduleerde vlugte en BTW.

Terme en Bepalings geld – Rol af om meer hiervan hier onder te lees.

MEER OOR DIE BORG

Verloor jouself in die rustigheid van die Afrika-bos by die luukse Kapama Privaat Wildreservaat.

Kapama, wat oor meer as 15 000 hektaar ongerepte Suid-Afrikaanse bos strek, bied die perfekte toevlugsoord vir ʼn wye verskeidenheid wild.

Vier luukse oorde bied ons gaste die keuse van die uiterste safari-ervaring. Die afgesonderde heiligdom van ons reservaat bied alles van die ou-wêreldse sjarme van Buffalo Camp, die verwelkomende warmte van Southern Camp, die dinamika van River Lodge en ʼn onoortreflikke vlak van luukse by ons vlagskip-oord, Kapama Karula. En as jy ’n item op daardie nog-te-doen-lys wil afmerk en onder die sterre wil slaap, sal die romantiese buite platform menige droom bewaarheid.

Of dit nou is om te ontspan om die swembad, om saam met een van ons bekwame gidse deur die bos te gaan stap, of by ons spa- en welstand sentrum te ontspan, daar is geen skedule by Kapama nie en die enigste vereiste is om kosbare herinneringe te maak.

Kapama is een van Suid-Afrika se grootste wildreservate in privaat besit, perfek geleë in die Limpopo Provinsie safari-area, bekend vir sy hoë digtheid van groot wilde diere. ’n Wildrit in Kapama-wildreservaat, met ’n gekwalifiseerde gids en assistent gids, onthul Afrika se grootwild en baie geheime van die ander wonders van die Afrika-bos.

TERME EN BEPALINGS

  1. Mooi Troues se standaard kompetisie terme en bepalings geld. Klik hier om meer te lees.
  2. Troue van die Jaar 2022 se standaard kompetisie terme en bepalings geld.  Klik hier om meer te lees.
  3. Die prys sal gedig wees vanaf 1 Augustus 2023 tot 31 Oktober 2024.
  4. Die prys sluit in Twee (2) nagte se verblyf vir ʼn paartjie wat deel by Kapama River Lodge in ʼn Deluxe Suite.
  5. Die prys sluit akkommodasie, alle maaltye, tee en versnaperinge, alle plaaslike drankies, ʼn verskeidenheid wyne en premium drankies, twee daaglikse safari-aktiwiteite in oop wildritvoertuie, begeleide boswandelings, retoer-oordragte na/van Eastgate-lughawe (HDS) slegs vir geskeduleerde vlugte en BTW.
  6. Die prys sluit uit: Wild Bewarings heffing van R250.00 netto per persoon per nag, wasgoed en items van ʼn persoonlike aard, Reis kostes na Kapama River Lodge.
  7. Hierdie prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
  8. Hierdie prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
  9. Alle drankies wat nie genoem word nie en alle ander uitgawes word vir die rekening van die wenner in rekening gebring.
  10. Vlugte en vervoerkoste is teen die wenners se eie onkoste.
  11. Die prys kan nie gekombineer word met enige ander promosies of spesiale aanbiedinge wat deur Kapama River Lodge aangebied word nie.
  12. Kapama River Lodge se Terme en Bepalings is van toepassing en is op aanvraag direk vanaf Kapama River Lodge beskikbaar.
  13. Mooi Troues / Troue van die Jaar bemark die prys namens die prysborg en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise, vrae en of om die prys van die borg op te eis nie.